
Ek voer 'n eerlike gesprek met Edwin Cleophas, Yvette Lucas en Schalk Van Heerden oor versoening in Suid-Afrika. Edwin Cleophas: Besturende direkteur van Social Justice Agency | Sosiale kohesie, geregtigheid en transformasie aktivis & fasiiteerder. Yvette Lucas: CEO van Nahre Conulting | Geestelike berader | Geestesgesondheidsaktivis Schalk van Heerden: Voorsitter van Betereinders | Leraar by Fontainebleau gemeente Ons gesels oor waar ons dink ons as Suid-Afrikaners werklik staan itv versoening in 2021, oor wat ons terug hou, wat ons hoop gee en spesifiek ook die rol wat wit mense kan en moet speel in die verwesenliking van ware versoening. Hierdie was ‘n baie betekenisvolle en nodige gesprek. Hoop jy geniet dit saam met ons!
Dec 16, 2021
1 hr 52 min

George Rauch: Pa | Predikant | Denker In hierdie episode gesels ek met my pa. Hierdie is verseker die mees spesiale episode wat ek al opgeneem het en seker ooit sal, want dit is met my OG. Een van die mense wat die grootste invloed gehad het (en steeds het) op my denke en hoe ek sin maak van die wêreld rondom my. Sy storie en perspektief is een wat vir my diep saak maak en een wat ek glo gehoor moet word. Veral in hierdie spesifieke tydstip in ons land se geskiedenis. Ons kan net sin maak van waarheen ons oppad is wanneer ons verstaan waar ons vandaan kom, en hierdie gesprek het vir my nodige insig en stof te nadenke daar rondom gebied en ek hoop dat dit vir jou dieselfde sal bied. Ek en my pa gesels oor sy eie storie en agtergrond. Van sy reis in politiek, die kerk en alles tussenin. Ons staan stil by FW De Klerk se afsterwe, wat dit beteken vir ons land en hoe dit ook ‘n uitnodiging is om eerlik met onsself te wees oor hoe vêr ons nog het om te gaan om ware versoening te verwesenlik. En soveel meer. Ek is diep dankbaar vir hierdie gesprek. Dankie pappa. Ek is baie lief vir pappa. xx
Nov 14, 2021
1 hr 28 min

Dawie Scholtz: Elections Analyst | Management Consultant Dawie and I spoke about key lessons to take out of last week’s Local Government Election, potential outcomes in the hung metros (Tshwane, Johannesburg, Ekurhuleni, Ethekwini, and Nelson Mandela Bay), and active citizenry.
Nov 9, 2021
46 min

With the 2021 Local Government Election coming up, I wanted to share my thoughts on what I think is worth thinking about and considering before casting your vote on Monday. I speak from my experience in party politics and local government. Two things I didn't mention, but would like to remind you of: - You can ONLY vote with your barcoded ID. No passports or drivers licences will be accepted - You can ONLY vote in the ward you are registered in. Your vote is your voice! Please use it!
Oct 26, 2021
26 min

Azille Coetzee: Filosoof | Feminis | Skrywer Ek en Azille gesels oor haar boeke (In my vel en haar splinternuwe boek: Die teenoorgestelde is net so waar), wit bevoorregting, feminisme, inklusiwiteit, Afrikaner wees en meer. Azille is ‘n nederige, diep-denkende, amazing mens en ons land en wêreld is verseker soveel ryker met haar stem in dit! Hierdie was een van my gunsteling gesprekke sovêr, met baie stof te nadeneke. Ek hoop regtig dat jy ook waarde daaruit sal kry.
Oct 21, 2021
1 hr 14 min

Ashwin Afrikanus Thyssen: Dosent | PhD student | Aktivis Ek en Ashwin gesels oor sy PhD studie: '"O My Body": Constructing a Black and Queer Theological Anthropology', oor die interseksie van geloof, sekusualiteit en ras, en hoe hierdie diskoerse in die samelewing uitspeel. Ons praat ook oor die moontlikheid van rasgelykheid en soveel meer. Ashwin is iemand wat gebore is om ‘n impak op die wêreld te maak! Hierdie gesprek het my gelos met soveel stof te nadenke en ek hoop dat dit dieselfde vir jou sal wees.
Aug 31, 2021
1 hr 10 min

Ruhan Fourie: Geskiedkundige | Akademikus Ek en Ruhan gesels oor sy navorsing, die kerk, oor hoe ons geskiedenis teenwoordig is in ons hede, plundering (looting), aktiewe burgerskap, oor wat versoening en inklusiwiteit vir ons beteken en meer. “Ons moet besef dat as dit sleg gaan daar buite, daan dit sleg met my ook.” - Ruhan Fourie
Aug 4, 2021
2 hr 14 min

Rudi Swanepoel: Dominee | Skrywer | Foodie | Aktivis Ek en Rudi gesels oor Andrew Murray NG Kerk waar hy in die bediening staan, oor sy hart vir versoening, witwerk, die neem van verantwoordelikheid, en meer. Dit was so ‘n voorreg om met Rudi te gesels. Rudi is ‘n vriend, leier, kritiese denker en die verpersoonliking van nederige diensbaarheid. “Een ding wat ons moet doen is om ons harte sag te maak. Ons moet aanhou om met oop en sagte harte te probeer leef, itv versoening en insluiting. God se liefde raak nie op nie. Dis nie soos die gas in my verwarmer nie. Hoe meer ek dit oopdraai, hoe meer word dit.” - Rudi Swanepoel
Jun 24, 2021
1 hr 11 min

Mercy Kannemeyer: Skrywer | Regisseur | Teatermaker Ek en Mercy gesels oor wat dit beteken om ‘n aktiewe burger te wees, oor wit bevoorregting, versoening en ons geskiedenis. Ons embrace die ongemaklikheid waarmee hierdie onderwerpe kom en laat onsself toe om so bietjie daarin te sit. Hierdie was ‘n besonderse lekker en stimulerende gesprek vir my en ek hoop regtig dat dit vir jou ook sal wees. “As jy daarin belangstel om ‘n aktiewe burger in hierdie land te wees moet jy saam praat en wanneer die tyd kom, moet jy saam begin doen.” - Mercy Kannemeyer
May 31, 2021
1 hr 16 min

Helené Prinsloo: Reklame koördineerder | Professionele boekwurm | Foodie | Vriendin Lidia en Helené gesels oor bevoorregting, die kompleksiteit en die verskeie weergawes daarvan. Hulle vat ‘n deep dive in die onbekende en embrace die messiness van wat hulle dink dit beteken om goeie mense te (begin) probeer wees. Baie van ons probleme gebeur omdat ons nie die kuns verstaan van wat dit beteken om goeie mense te wees nie. - Helené Prinsloo
Apr 28, 2021
1 hr 36 min
Load more
