Preek Opnames
Preek Opnames
Simondium Familiekerk
Reis deur Efesiërs - Deel 3 (15 Februarie 2026)
22 minutes Posted Feb 15, 2026 at 12:54 pm.
–14
0:00
22:05
Download MP3
Show notes
PREDIKER: Nadia Muller
TEKS: Efesiërs
TEMA: Uitroep van Lof!
Die lied waarna Nadia verwys:
https://www.youtube.com/watch?v=8T2zPTpEiT8
AI-prentjies van mense doen tans oral die rondte – karikature van regte mense, maar tog nie heeltemal nie. Minder plooie en grys hare, sagter, vriendeliker en meer opwindend. Dis mos wat almal wil sien?
Intussen is daar donker kolle en spinnerakke in ons hartskamers. Ons vergelyk onsself met sogenaamde perfekte prente van ander en begin al hoe minder van onsself hou. Tot ons Efesiërs lees en besef: God het ons gemaak, en ons identiteit lê in Hom.
Die rede tot lof is juis dat Hy ons gemaak, ons gekies en ons liefgekry het – nie net ons sosiale media-statusse nie, maar die oorspronklike ons.