Preek Opnames
Preek Opnames
Simondium Familiekerk
Vind hier opnames van ons mees onlangse preke.
Pinkster 2024 - Deel 2
Ons kyk na die verband tussen die vier natuur elemente en die Heilige Gees. Net soos vuur, lug, water en grond lewe aan ons gee, so gee die Heilige Gees ons lewe, beweeg en bestaan volgens Handelinge 17:28a. Ons verken dit as volg elke keer: Die Vier Natuur Elemente in die Bybel: Ontdek hoe die Bybel die vier elemente vuur, lug, water en grond beskryf en hulle betekenis in die Skrif. Eienskappe van die Vier Natuur Elemente: Verken die unieke eienskappe van elke element en hoe hulle 'n rol speel in die skepping en ons alledaagse lewe. Die Heilige Gees se Eienskappe deur die Vier Elemente: Leer hoe die Heilige Gees, soos die vier elemente, lewe aan ons gee en ons geestelike lewe beïnvloed. Die Invloed van die Heilige Gees op ons lewe, beweeg en bestaan: Verdiep jou begrip van hoe die Heilige Gees ons lewe rig, ons beweeg om sy wil te doen, en ons bestaan vervul met betekenis en doel.
May 13, 2024
29 min
Pinkster 2024 - Deel 1
Ons kyk na die verband tussen die vier natuur elemente en die Heilige Gees. Net soos vuur, lug, water en grond lewe aan ons gee, so gee die Heilige Gees ons lewe, beweeg en bestaan volgens Handelinge 17:28a. Ons verken dit as volg elke keer: Die Vier Natuur Elemente in die Bybel: Ontdek hoe die Bybel die vier elemente vuur, lug, water en grond beskryf en hulle betekenis in die Skrif. Eienskappe van die Vier Natuur Elemente: Verken die unieke eienskappe van elke element en hoe hulle 'n rol speel in die skepping en ons alledaagse lewe. Die Heilige Gees se Eienskappe deur die Vier Elemente: Leer hoe die Heilige Gees, soos die vier elemente, lewe aan ons gee en ons geestelike lewe beïnvloed. Die Invloed van die Heilige Gees op ons lewe, beweeg en bestaan: Verdiep jou begrip van hoe die Heilige Gees ons lewe rig, ons beweeg om sy wil te doen, en ons bestaan vervul met betekenis en doel.
May 12, 2024
21 min
Erediens - 05 Mei 2024
Prediker: Nadia Muller Teks: Johannes 4 Tema: Wie ek is Not because of who I am But because of what you've done Not because of what I've done But because of who you are Dít is die woorde “Who am I” van Casting Crowns. Nadia praat in hierdie opname oor wie ons in Jesus is. Ons wil uitkom by die punt waar ons kan sê dat ons DOEN op grond van wie Jesus IS, en ons IS (ons wese) is te danke aan wat Hy gedoen het, en tot vandag toe doen. Om hierdie te oordink kyk ons na die ontmoeting tussen Jesus en die Samaritaanse vrou by die put.
May 5, 2024
25 min
Erediens - 21 April 2024
Prediker: DJ Muller Teks: Handelinge 4 Tema: Hoe lyk mense wat geroep is? In die kerklike jaar, staan die vierde Sondag van Pase as Goeie Herder-Sondag óf Roepingsondag (Vocation Sunday) bekend. Dit is die Sondag waartydens kerke regoor die wêreld fokus op die feit dat Christus, die Goeie Herder, mense roep – om in hul alledaagse lewe die Evangelie te verkondig en te beliggaam, maar ook om in die kerk te bedien. In hierdie opname fokus ons op die verrassende kenmerke van mense met ‘n roeping.
Apr 21, 2024
22 min
Erediens - 14 April 2024
Prediker: Nadia Muller Teks: Johannes 21:1-19 Tema: Jesus se aangenome kinders Ons is deur God gemaak en ons behoort aan Hom, maar sonde het ons kom wegruk. Jesus het ons opnuut kom aanneem as Sy eie. Nou leef ons as kinders van God. Vandag gesels ons oor wat dit vir Jesus se dissipels beteken het om Sy “kinders” genoem te word. Hoe moes dit gevoel het en hoe is dit dan om vandag te leef vanuit die oortuiging dat ons Sy kinders is?
Apr 14, 2024
25 min
Erediens - 17 Maart 2024
Prediker: Nicolette Bester Teks: Johannes 18:1 – 11 Tema: Bekers vol aggressie en bekers vol genade Nicolette is ‘n teologiese student aan die Fakulteit Teologie in Stellenbosch. As deel van teologiese studente se opleiding, moet hul tydens hul finale jare tydens eredienste, onder toesig van ‘n leraar, preek en die liturgie behartig. In hierdie opname fokus ons op die feit dat aggressie deel is van ons elkeen se lewe, maar dat Jesus die vlamme van woede met genade kom blus.
Mar 17, 2024
19 min
Erediens - 03 Maart 2024
Prediker: Dr. Coenie Burger Teks: Fil 3:1-10 Tema: Ons wil Jesus sien - Sy geskiedenis en ons getuienis oor Hom. Vandag gaan ons onder andere die misverstande rondom Jesus Christus ondersoek. Ons besef dikwels nie die sentrale rol wat Hy in die Christelike geloof beklee nie. 'n Breër begrip van Jesus se lewe en werk is noodsaaklik, om nie vasgevang te word in 'n eenkantige siening nie. Baie struikel om die evangelieboodskap van Jesus te verstaan. Ons moet ruimte skep vir groei in ons geloof en ons begrip van Hom. Van sy menswording tot sy beloofde tweede koms - elke aspek van Jesus se bestaan is relevant vir ons eie lewens. ‘n Gesprek hieroor sal diepte bring tot ons verstaan van Jesus en sy impak op ons daaglikse lewe, van Sy kruisiging tot Sy hemelvaart en heerskappy, en die uitdagings van ons geloofsreis.
Mar 3, 2024
38 min
Erediens - 18 Februarie 2024
Prediker: Nadia Muller Teks: Mat. 4 en 6 Tema: Om te vas of nie te vas nie... Lydenstyd is 'n belangrike periode van 46 dae in ons kerkkalender wat gewy word aan intensiewe besinning oor Jesus se kruisdood en opstanding. In vandag se tema hanteer ons die essensie van Lydenstyd, deur te fokus op die tradisies wat oor die jare ontstaan het en die wyse waarop Jesus ons nooi om daarmee om te gaan.
Feb 18, 2024
18 min
Erediens - 11 Februarie 2024
Prediker: Nadia Muller Teks: Mar. 10 & Mat. 18 Tema: Wie was Jesus vir die kinders van Sy tyd? In die antieke tyd het kinder die laagste denkbare sosiale status ervaar. Toe het Jesus gekom en die sosiale strukture van sy tyd uitgedaag en omgekeer, veral ook in hoe Hy KINDERS gebruik het as ’n tipe bloudruk om mense te leer hoe hul moet leef.
Feb 11, 2024
17 min
Erediens - 04 Februarie 2024
Prediker: Nadia Muller Teks: Markus 8:27-31 Tema: “Wie sê julle is ek?” Ons skop ons jaartema, “Die jaar van JESUS”, met die volgende twee vrae af: - Wie WAS Jesus? - Wie IS Jesus? Dié twee vrae gaan kort-kort op die tafel kom in die volgende jaar, want ons moet kyk na wie Jesus was, wat Hy gedoen het en hoe Hy geleef het. Ons kan egter nie die Historiese Jesus bespreek sonder om te vra na watter invloed Sy menswees en Godwees op vandag het nie. Mag elkeen van ons iets van Jesus ontdek wat ons verstom en inspireer, tot só ’n mate dat ons besef dat ons nie sonder Hom kan leef nie.
Feb 4, 2024
23 min
Load more