Oorreageer Potgooi
Oorreageer Potgooi
Oorreageer
Kalmeer net vir my asseblief! In hierdie podcast praat Barend Mynhardt met die Oorreageer span oor alles laf, lekker en wat ook al tussenin is. Hierdie een is nie bedoel vir jou ouma nie, maar sy kan saam oorreageer as sy wil. Luister elke week vir ons OOR-reaksie op hoe dinge tans staan in die lewe... Sonder om te ernstig te raak.
Stylvol of Probeer Jy Net Te Hard? | Oorreageer met Barend Mynhardt, Luandri Reynders & Tiaan Nortjé
In hierdie episode gesels Barend Mynhardt met aktrise, Luandri Reynders, en vervaardiger, Tiaan Nortjé, oor wat goeie styl maak. Maar hierdie drie millennials se advies mag dalk net effe uit die mode wees. Gelukkig is niks te ernstig op Oorreageer nie. Gaan loer gerus na ons produkte op ons webtuiste www.oorreageer.co.za Laat ons weet wat julle dink in die comments. Winkel: www.oorreageer.co.za/shop Volg ons oral op sosiale media: Insta: @oorreageer Facebook : @oorreageer Threads: @oorreageer TikTok: @oorreageer
Aug 17, 2023
35 min
Geite en Giere? | Oorreageer met Barend Mynhardt, Tiaan Slabbert en Maynie Knoetze
In hierdie episode praat Barend met Tiaan Slabbert en Maynie Knoetze oor die nuutste Geite en Giere. Maar ook daardie foefies waarmee Millennials grootgeword het. Met 'n verassing aan die einde. Subscribe vir ons nuutste episodes en sketse. Oorreageer is toegewyd aan die vervaardiging van kwaliteit en kontemporêre Afrikaanse Inhoud. Ondersteun ons graag deur ons op sosiale media te volg. Al ons skakels: https://linktr.ee/oorreageer
Jun 14, 2023
42 min
Toeris of Terroris? | Oorreageer met Barend Mynhardt en Leché Joubert
Leché is nie net 'n aktrise nie, maar 'n volwaardige jet-setter! In hierdie episode praat Barend en Leché oor alles wat dit vat om 'n goeie reisiger te wees en die beste te maak van jou trip - al is dit tot hier tot Franschhoek of Frankryk. Van reiswenke tot mode-keuses wat jou nie soos 'n toeris gaan laat lyk nie. Luister saam en laat ons weet wat jy dink. Volg ons op sosiale media en kyk ook die video op YouTube.
Apr 11, 2023
39 min
Adulting of net van die pad af? | Oorreageer met Barend Mynhardt en Luandri Reynders
In hierdie episode praat Barend met aktrise, Luandri Reynders, beter bekend as Karen Kriel op Binnelanders. Hulle gesels oor al die dinge wat grootmense veronderstel is om te doen en of hulle werklik daarin slaag om te "adult". Van balhorige tieners, belasting, plantonderhoud en vlou grappies, gaan hierdie episode ons konfronteer met die vraag: Is ons almal nie eintlik maar net van die pad af nie. Kyk die volle episode op ons sosiale media.
Mar 31, 2023
32 min
Is Jy Fiks of is Jy Kits? | Oorreageer met Barend Mynhardt en Reze-Tiana Wessels
Hierdie week praat Barend met die stunning aktrise Reze-Tiana Wessels. Hulle praat oor gesondheid en wat nodig is om 'n gebalanseerde lewe te lewe om dan uiteindelik die vraag te beantwoord: Is jy fiks of is jy kits?  Luister saam en word deel van die gesprek op ons sosiale media. Gaan kyk ook graag die video op ons YouTube-kanaal. 
Mar 16, 2023
28 min
Snaaks of is Jy Net Hartseer? | Oorreageer met Barend Mynhardt en Maynie Knoetze
In hierdie episode bespreek Barend en Maynie alles wat laf en snaaks is. Van lame grappies tot wanneer 'n joke te ver gaan.  Hulle daag ook mekaar uit met 'n 'dad joke' kompetsie. Wie se grappies gaan die lameste wees? 
Mar 9, 2023
43 min
Verhouding of 'n Kinderpartytjie | Oorreageer met Barend Mynhardt en Ilke König
Was jy al ooit in 'n verhouding maar dit voel asof jy 'n kind entertain? Dit is presies wat Barend en Ilke hierdie week bespreek.  Van verhoudingskwale tot kommunikasietegnieke. Alles met 'n lekker drankie in die hand.  Kyk graag die video op ons YouTube kanaal en volg ons op sosiale media.  
Mar 2, 2023
36 min
Useless of 'n Gebrek Aan Selfvertroue? | Oorreageer met Barend Mynhardt en Jacques Adriaanse
In hierdie episode praat Barend met akteur, Jacques Adriaanse, 'n gewese lid van die Ooreageer-span. Hulle gesels oor selfvertroue en die dryfkrag agter elke besluit wat in die onsekere hede gemaak word. Wat is jou motivering of is jy net useless?  Luister saam en gaan kyk na die video op ons YouTube kanaal en volg ons op sosiale media.  Subscribe en word ingelig oor ons weeklikse episodes.
Feb 23, 2023
40 min
Kuier Jy of Ry Jy? | Oorreageer met Barend Mynhardt en Tiaan Slabbert
Ons is terug! In die eerste episode van ons potgooi, praat oorspronklike Oorreageerders, Barend Mynhardt en Tiaan Slabbert oor die hergeboortenis van Oorreageer en oor wat 'n goeie, of 'n slegte kuier behels.  Luister saam en gaan kyk na die video op ons YouTube kanaal.  Subscribe en word ingelig oor ons weeklike episodes. 
Feb 15, 2023
34 min