Nuuspod
Nuuspod
Izak du Plessis
Die tuiste van Afrikaanse Stories agter die nuus
Blitsbokke: So wen ons die Wêreldbeker
In Sport Stories op Nuuspod, kyk ons na die naweek se Sewes Wêreldbeker  wat in Kaapstad gespeel gaan word en verduidelik hoe die Blitsbokke se  pad na die finaal toe kan lyk
Sep 9, 2022
9 min
Wie kan vir Cyril opvolg?
Ons vra aan prof. André Duvenhage aan NWU of daar 'n opvolger vir pres. Cyril Ramaphosa is.
Sep 9, 2022
44 min
Maties: Transformasie is rassisme, sê STOP
In Nuusmakers gesels ek met Francois Malan en Christof van Niekerk oor  transformasie by Maties. Hulle groep STOP sê die universiteit se raad is  gelaai met 'n klomp linkse heavyweights wat Afrikaanssprekendes wat uit  'n konserwatiewe agtergrond kom, boelie, aldus Rapport.
Sep 8, 2022
21 min
BBP: Stats SA praat twak!
Nuuspod praat met Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimum  Finansiële Dienstegroep, oor die blink kant van die ekonomie.
Sep 8, 2022
10 min
Nederlandse Grand Prix: Het Red Bull verneuk?
Na die afgelope naweek se Nederlandse Grand Prix, het wilde bewerings  dat Red Bull met Alpha Tauri gekonkel het om Max Verstappen te  bevoordeel die rondte gedoen. Ons kyk hierna en gee ons mening of daar  enige waarheid in steek.  Ons kyk ook na die nuutste verwikkelinge en intriges agter die skerms,  en ook na watter bestuurders by watter span gaan opeindig in Formule 1  se Silly Season.  Moontlik gemaak deur Mirror Business Solutions.  Besoek hulle webwerf by https://mirrorsa.co.za
Sep 7, 2022
27 min
'n Hart vir Billy
Billy Macleod was 'n vermaarde sportman, wat al aan tien Ystermanne en  die Cape Epic deelgeneem het, en selfs 'n Comrades marathon agter die  blad het. Vandag is hy in die stryd van sy lewe gewikkel nadat hy  hartskade opgedoen het, en nou wag hy vir 'n nuwe hart.   Teresa Coetzee het met hom gesels   Moontlik gemaak deur Elite Welding and Safety Solutions, asook Pipe  Supply.    Jy kan Elite se webwerf besoek by https://elitewss.co.za, of hulle kontak by 011 692 2827    Jy kan Pipe Supply se webwerf besoek by https://pipesupply.biz, of hulle kontak by 011 693 4840
Sep 6, 2022
21 min
Wat soek die EFF op die Kaapse Vlakte?
Nuuspod se nuwe saamgeselsprogram, Nuusmakers, het vanoggend afgeskop met 'n gesprek tussen Ian Cameron, Quinton Adams en Nazier Paulsen oor die Kaapse Vlakte nav die EFF se projek EFF on Patrol. Die gesprek  het soms warm geraak, maar op die keper beskou, was dit 'n goeie een. Jy  kan voortaan elke weeksoggend om 7:00, behalwe Woensdae as die Blink  Kant op is, na soortgelyke gesprekke luister. Woensdag se program sal om  7:30 begin.
Sep 5, 2022
57 min
Vurige Bokke wen die wedstryd... en die geveg!
DIe Bokke het wraak geneem vir laas week se pak slae en met 'n vurige poging die Aussies van die veld af gespeel   Moontlik gemaak deur Mirror Business Solutions.  Besoek hulle webwerf by https://mirrorsa.co.za
Sep 5, 2022
8 min
Kan die nuwe Bokspan die Aussies stuit?
Na die onverwagse loesing wat die Bokke laasweek teen die Wallabies  gekry het, het Jacques Nienaber nie minder as 8 veranderings aangebring  nie. Dit kan goed werk of baie ontwrigtend wees.   Ons gesels met die rugbyjoernalis, Brenden Nel, om sy opinie oor die  span te hoor,en ook hoe dinge nou eintlik in die Bok kamp werk.  Jy kan Brenden se Youtube kanaal besoek by https://www.youtube.com/c/BrendenNel  Moontlik gemaak deur Mirror Business Solutions.  Besoek hulle webwerf by https://mirrorsa.co.za
Sep 1, 2022
29 min
Is 'n ANC/EFF koalisie ons voorland?
In hierdie uitgawe van Nuusfokus op Nuuspod bespreek ek verskillende  ontleders en joernaliste se menings oor die die kanse dat die EFF en die  ANC 'n nasionale koalisie kan sluit.
Sep 1, 2022
17 min
Load more