Kom ons kuier
Kom ons kuier
Quinten Pendle
Musiek; Treine; Donker sjokolade; Krieket; Reis; Kos; Interessante mense en plekke; Memories; Nuus; Ens. ens. ens.
Sutherland - Geteken
Met musiek teken ek die dorpie soos ek dit ervaar. Die wenners van die afgelope 2 kompetisies word ook aangewys. #Sutherland #Suid-Afrika #Musiek #Afrikaans #Klankskets #Potgooi
Feb 18, 2025
7 min
'n Lewe wat borrel
Sanger, liedjieskrywer, prediker, dit alles en veel meer is Henco Kruger (en Nee, hierdie is nie die RSG-Henco nie). Kom luister na musiek en 'n merkwaardige getuienis, en skep moed in 'n stukkende wêreld. Terloops: As jy van Henco se musiek hou, staan jy 'n kans om 'n hele stel van sy albums te wen). #Afrikaans #AfrikaanseMusiek #Gospel #Musiek #Getuienis #AfrikaansePotgooi
Feb 3, 2025
1 hr 5 min
Wen ‘n #Hartskussing
Jy kan jou geliefdes op ‘n tasbare wyse naby jou hou, selfs al is hulle ver, of nie meer hier nie. My Carin is kreatief, en jy kan deur na hierdie episode te luister, jou eie #HartsKussing wen deur ‘n maklike vraag te beantwoord. Vir meer besonderhede kan jy +2783 7463813 WhatsApp, of jy kan Hartskussings op Facebook gaan volg.#Afrikaans #Hartskussings #KomOnsKuier #AfrikaansePodsending #Potgooi
Jan 21, 2025
11 min
Train Trip down Memory Lane - (English Podcast)
In 2005, when contract tourist trains were still alive and well in South Africa, I joined Bosveld Trein Safaris for a trip to the anual Cherry Festival at Ficksburg. In this recording I shared some of the highlights of our trip. This episode is rich in sounds from trains and nature. Feel free to interact with us, eithre through the comments sections on the podcast platform, or by sending an email to [email protected]. You may also WhatsApp 078 035 1065. #Trains #Ficksburg #CherryFestival #KomOnsKuier #SandstoneEstates
Jan 14, 2025
16 min
Road Trip (Sloertoer)
Kom deel met behulp van klank in ons besoek aan sowel die Tuinroete as Kaapstad. Jy sal onder andere die atmosfeer van ‘n somervakansie beleef, sowel as die afwagting by die Kunste Kaap voor die begin van My Fair Lady. #Afrikaans #Tuinroete #Hartenbos #Potgooi #Potsending #Promenade #PieterToerienProductions #MyFairLady #CapeTown #Kaapstad
Jan 8, 2025
14 min
Klankskets - ‘n Skoon Begin Vir 2025
Aan die begin van 2025 bied ek jou sommer net musiek en klank waarin jy jouself kan verkneukel. #Afrikaans #AfrikaansePotgooi #AfrikaanseMusiek #Instrumentaal #2025 #NuweJaar #KomOnsKuier
Jan 1, 2025
7 min
Tert se Kersstorie
Kersfees is daardie een tyd van die jaar wanneer die gewone mens op soek is na hoop, en selfs al is dit deur die deel van 'n ervaring, of 'n mooi verhaal, die voorreg om omring met jou geliefdes te wees, is #Kersfees daardie een tyd elke jaar wanneer jy "memories" moet maak. Dit maak my regtig hartseer as ek dink dat daar mense is wat op Kersdag alleen is. Herman du Plessis het met 'n besondere storie vorendag gekom, en hy het ook goedgunstig toegestem dat ek dit vir hierdie episode mag gebruik. Daarmee saam het Jannie du Toit ook ingestem dat ek van sy musiek in hierdie episode mag gebruik. Carin, my vrou, het die storie voorgelees. Ek hoop jy gaan dit ook geniet. Jy kan Herman se webblad besoek by www.celtislandscaping.co.za en Jannie se webadres is www.janniedutoit.com #Afrikaans #Kersfees #Potgooi #Potsending #KomOnsKuier #JannieDuToit #HermanDuPlessis #Musiek #AfrikaanseMusiek
Dec 25, 2024
23 min
Oukersdag Bederf
Dis #Oukersdag, en om jou te help om in die luim vir #Kersfees te kom, speel ek vir jou ‘n paar Kersliedere op die orrel. Jy is welkom om by ons WhatsApp groep aan te sluit vir meer inligting oor my musiek deur op die volgende skakel te kliek: https://chat.whatsapp.com/IFSJSUuv5iA7ELIYPapXtA#Afrikaans #KersMusiek #KomOnsKuier #Christmas #ChristmasEve #InstrumentalMusic #Music
Dec 24, 2024
11 min
Persoonlike Getuienis - Die Waarheid
Ek gesels openhartig oor 'n baie persoonlike ervaring, iets waaruit ek hopelik kon leer. Ek probeer om objektief te bly, en om binne die konteks van die groter samelewing te onthou dat genade groot is, groter as wat die menslike verstand sal kan begryp. #Afrikaans #Potgooi #Potsending #KomOnsKuier #Getuienis
Dec 22, 2024
11 min
Skets met Klank (I)
Van tyd tot tyd probeer ek om met klanke en note te skilder, want ek glo dat 'n mens deur middel van klank, en 'n bietjie verbeelding aan die kant van die luisteraar , die mooiste "prente" kan skilder. Hierdie is die eerste van 'n paar "klanksketse" wat ek gemaak het, en, as jy daarvan hou, sal ek met verloop van tyd meer van hierdie "sketse" deel. Ek plaas gereeld uittreksels uit van my ander musiek op my WhatsApp-groep, jy is welkom om daar aan te sluit deur op die volgende skakel te kliek: https://chat.whatsapp.com/IFSJSUuv5iA7ELIYPapXtA#Afrikaans #Musiek #KomOnsKuier #InstrumentalMusic #PaintingWithNotes #SoundSketch #Music
Dec 18, 2024
8 min
Load more