
Ek moes na 'n verskriklike vernederende gesprek met Lianca gesels om uit te vind wat presies is 'n spelterpeut en waar pas dit in. Dis ongelooflik hoe belangrik hierdie beroep is en dit is so great om te sien hoe baie sy dit geniet! Maak dit lekker!
Oct 11, 2020
26 min

So, meeste van ons sien akteurs op TV of die verhoog en dis die einde. In die episode gesels Vilje Maritz oor sy pad, wat moeilik en sleg is, wat hom opgewonde maak en hoekom hy sekere besluite geneem het. Maak dit lekker
Sep 29, 2020
41 min

Okay, so hierdie beroep het ek al baie van gehoor, maar het nog nooit regtig verstaan wat dit behels nie, dalk omdat ek nog nooit met 'n make up artist te doen gehad het nie. Nie te min, dit was ongelooflik interessant om 'n klein bietjie van die beroep en industrie te leer ken. Wilna is 'n ongelooflike talentvolle persoon en haar energie is aansteeklik. Geniet!
Sep 21, 2020
27 min

Hierdie gesprek met Werner is iets waarvan ek min tot niks weet en ek't baie vrae. Metalurgie is 'n kombinasie van 'n paar dinge en ongelooflik interessant. Luister en maak dit lekker!
Sep 16, 2020
28 min

Net omdat ek dalk al by 'n fisio was of een ken, beteken duidelik nie ek weet wat hulle beroep of paadjie behels nie. Ek en Alyssa gesels oor vakkeuses, universiteit, plasings na studies en presies wat 'n fisio elke dag doen. Sy gesels lekker en maak dit lekker, geniet ons gesprek!
Sep 7, 2020
29 min

Waaroor gaan ek elke week gesels? Ek probeer inligting bekom oor die verskillende beroepe en die pad wat elke beroep verg om te doen. Ek wil lag en (veral) jongmense 'n beter idee gee van die lewe wat voorlê. Maak dit lekker
Aug 26, 2020
1 min
