Die ekonomie minuut
Die ekonomie minuut
Waldo Krugell
Soos om 'n stemnota van die ekonomie te kry. Aanwysers, ontleding en kommentaar oor alles wat in die Suid-Afrikaanse ekonomie aangaan.
Ekonomiese vooruitsigte
Met die MTBPS agter die blad en ʼn bietjie brandstofheffing verligting om die draai kan ons kop op tel en kyk hoe dit met die ekonomie gaan. Ek het die afgelope week ʼn interessantemonetêre beleidsforum bygewoon en wil graag vertel hoe die Reserwebank dinge sien.
Oct 30
2 min
Die mini-Begroting en lesse uit Frankryk
Partykeer verstaan mens jou eie probleme beter as jy dit in ander kan raaksien. As jy more wonder hoekom die Minister van Finansies so baie klem lê op die staatskuld en fiskale konsolidasie, kom ons leer ʼn les in Frankryk.
Oct 20
2 min
Die mini-Begroting en brandstof
In Februarie maand se Begrotingsrede het die Minister gepraat van ʼn B scenario: ʼn oorlog, duurder olie en hoër rentekoerse. Teen Aprilmaand was dit die realiteit. Die Tesourie sê dat hulle wel hulle belastinginkomste-teikens haal en op koers is om ʼn primêre oorskot op die Begroting te hê, maar ons moet byvoeg die grond onder daardie syfers geskuif het. Gewone Suid-Afrikaners is minder bekommerd oor wat kredietgraderingsagentskappe dink en meer bekommerd oor die brandstofprys en inflasie.
Oct 16
1 min
Ekonomiese groei in Sjina
Sjina sê sy ekonomie het in die eerste helfte van 2026 met 4,7% gegroei. Maar die vreemde deel is waarop daardie groei kwansuis gebou is.
Oct 13
2 min
Ekonomiese nuus opvang
My vol program het die Minuut bietjie uitgeklop maar die laaste weke was daar net soveel ekonomiese nuus soos altyd. Luister hier om op te vang met inflasie, rentekoerse, en brandstofprys(verligting?).
Oct 9
1 min
Fiskale konsolidasie
Vandag se episode het sy oorsprong in ʼn deurlopende gesprek met Prof Raymond Parsons in die aanloop na die MTBPS in Oktober. Die goeie idees is syne.
Sep 22
1 min
Rentekoersbesluite
Die Amerikaanse Fed het Woensdag hulle beleidskoers met 25 basispunte verhoog en dit het die nuus gehaal, omdat dit vir President Trump so kwaad maak, maar dit het ook belangrike gevolge vir ons eie repokoersbesluit volgende week.
Sep 18
2 min
Nog druk in die pyplyn
Dit is die middel van September en daar is reeds bekommernis oor die onderverhaling van die brandstofprys en die Amerikaanse Fed se rentekoersbesluit die week.
Sep 15
1 min
Vandag se groeisyfer is belangrik
Ekonome hou vandag asem op vir die tweede kwartaal se BBP syfer. Die ekonomie het in die eerste kwartaal met 0,5% gegroei. Daarna het die brandstofprysskok en enkele repokoersverhoging verbruikers ʼn knou toegedien. Aanwysers soos aankopebestuurdersindekse, verbruikers- en sakevertroue is alles laer. Ekonome verwag ʼn goeikoers van 0,1 of 0,2% vir die tweede kwartaal.
Sep 8
1 min
Ons buitelandse lenings
Die Suid-Afrikaanse regering het sedert 2018 ongeveer R288,8 miljard by internasionale instellings soos die IMF en Afrika Ontwikkelingsbank geleen. Baie mense het twee bekommernisse. Een is of dit bydrae tot ʼn onvolhoubare fiskale posisie. Die ander is of ons beleid dan nou gedikteer word deur internasionale instellings. Nie een van die twee bekommernisse moet jou wakker hou nie.
Sep 4
2 min
Load more