Show notes
In Februarie maand se Begrotingsrede het die Minister gepraat van ʼn B scenario: ʼn oorlog, duurder olie en hoër rentekoerse. Teen Aprilmaand was dit die realiteit. Die Tesourie sê dat hulle wel hulle belastinginkomste-teikens haal en op koers is om ʼn primêre oorskot op die Begroting te hê, maar ons moet byvoeg die grond onder daardie syfers geskuif het. Gewone Suid-Afrikaners is minder bekommerd oor wat kredietgraderingsagentskappe dink en meer bekommerd oor die brandstofprys en inflasie.

