VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)
VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)
Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Die eeufeesuitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) is op 3 Augustus 2017 amptelik bekendgestel. In hierdie podsendingreeks van 27 episodes word die elfde uitgawe van die AWS in detail bespreek deur verskillende lede van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. In die eerste twee episodes word 'n algemene oorsig oor die AWS gegee; daarna word elk van die dele van die AWS in afsonderlike episodes bespreek. Die reeks word afgesluit met 'n vooruitskouende besinning oor die toekoms van standaardtaal en die AWS.
31. Die toekoms van standaardtaal en die AWS
In dié slotaflewering van VivA se podsendingreeks oor die 11de uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls gesels die nuutverkose ondervoorsitter, Suléne Pilon, met die Taalkommissievoorsitter, prof. Gerhard van Huyssteen, oor standaardtaal en spesifiek die standaardvariëteit van Afrikaans. Die verskillende funksies en die vier formaliteitsvlakke van Afrikaans word bespreek; algemene Afrikaans; die toekoms van die AWS; en die volgende take van die SA Akademie se Taalkommissie.
Jun 22, 2018
26 min
30. Bylae H & I: Omgangsafrikaans en Terminologielys
Episode 30. Bylae H & I: Omgangsafrikaans en Terminologielys (Jana Luther en Frank Hendricks). Die AWS is grotendeels beperk tot hedendaagse, geskrewe Standaardafrikaans en bereël die skryfwyse daarvan. As voorlaaste bylae is daar in die AWS egter ook 'n kort hoofstuk ingesluit oor Omgangsafrikaans. Hoe definieer ons Omgangsafrikaans, en op grond van watter kriteria besluit die Taalkommissie dat 'n leksikale item, 'n spesifieke woord, Omgangsafrikaans en nie Standaardafrikaans is nie? In die slotbylae, die Terminologielys word die betekenistoepassings omskryf van terme soos hulle in die AWS gebruik word. Vir elke nuwe AWS wat verskyn, word hierdie lys bygewerk, en daar kom ook nuwe terme by ...
May 30, 2018
15 min
29. Bylae: SI-stelsel: Gebruiksriglyne
Episode 29: Bylae: SI-stelsel: Gebruiksriglyne (Jana Luther en Frikkie Lombard). Hierdie episode van die reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) bied ’n oorsig oor die meeteenhede van die Internasionale Stelsel van Eenhede, kortweg die SI-stelsel of metrieke stelsel genoem, en die skryfwyse van groot getalle (biljoen en miljard!) in Afrikaans. (Onthou om ook te luister na episode 11 oor Hoofstuk 7: Getalle, syfers en simbole.)
May 29, 2018
9 min
28. Bylae: Lys elemente in die periodieke tabel
Episode 28: Bylae: Lys elemente in die periodieke tabel (Jana Luther en Frikkie Lombard). Hierdie episode in die reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) bied ’n kort samevatting van die inligting in hierdie tabel.
May 29, 2018
3 min
27. Bylaes: Buitelandse sake
Episode 27: Bylaes: Buitelandse sake (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). Die bylae oor transliterasie en die ene oor buitelandse geografiese eiename met hulle afleidings, is ou bekendes in die AWS. In die 2017-AWS is twee addisionele bylaes wat oor buitelandse geografiese name handel, bygevoeg. In hierdie episode bespreek ons elk van hierdie vier bylaes in detail.
May 28, 2018
14 min
26. Bylae A: Lys afkortings en simbole
Episode 26: Bylae A: Lys afkortings en simbole (Jana Luther en Phillip Louw). Hoe gemaak met afkortings in Afrikaans? Die beginsels en reëls vir die vorming van afkortings is in hoofstuk 3 van die Spelreëls vervat. In dié bylae word leidinggewende en gebruiklike voorbeelde gegee wat dié beginsels en reëls illustreer. Dit word kortliks bespreek.
May 27, 2018
9 min
25. Woordelys
Episode 25: Woordelys (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). In die 25ste episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die woordelysgedeelte bespreek. Ons praat kortliks oor hoe die woordelys verander het sedert die 2009-AWS, spesifiek oor woorde wat bygevoeg en geskrap is. Die grootste gedeelte van die podsending word gewy aan die werkswyse van die Taalkommissie: Watter kriteria gebruik ons om te besluit of 'n woord opgeneem moet word of nie, asook hoe die woord opgeneem moet word? Hierdie kriteria word aan die hand van verskeie voorbeelde geïllustreer, terwyl ons die geval "emeritus" in detail behandel.
May 27, 2018
46 min
24. Hoofstuk 20: Woorde van vreemde herkoms
Hoofstuk 20: Woorde van vreemde herkoms (Gerhard van Huyssteen en Marné Pienaar). Soos wat in alle ander tale gebeur, gaan leen Afrikaanse mense ook dikwels woorde by ander tale. Maar hoe gemaak met die spelling van sulke woorde? Ons bespreek die drie hoofkategorieë van leenwoorde aan die hand van talle voorbeelde.
Mar 22, 2018
10 min
22. Hoofstuk 18: Vokale
Episode 22. Hoofstuk 18: Vokale (Jana Luther en Frikkie Lombard). ’n Opsomming van die faktore wat die weergawe van Afrikaanse vokale (klinkers) in skrif beïnvloed: oop en geslote lettergrepe, klem, herkoms, klankomgewing en tradisie.
Mar 3, 2018
19 min
23. Hoofstuk 19: Wisseling en subkategorieë
Episode 23. Hoofstuk 19: Wisseling en subkategorieë (Gerhard van Huyssteen en Jana Luther). Sommige mense raak ongedurig omdat die Taalkommissie wisselvorme vir sommige woorde in die AWS aanbied, terwyl ander mense dit juis verwelkom. In hierdie episode ondersoek ons die belangrikste kategorieë waar wisselvorme sistematies voorkom.
Mar 3, 2018
17 min
Load more