Skaars 'n week voor die plaaslike verkiesing sit Suid-Afrikaners al weer sonder krag. In hierdie week se episode van Uitgesproke ontleed Cilliers Brink hoe die land in hierdie penarie beland het, hoe die ANC se kaderontplooiing die situasie vererger en hoe DA-munisipaliteite hulle inwoners teen die ergste beurtkrag beskerm.
---
Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/democratic-alliance/message
Oct 28, 2021
5 min

Hoekom hou kleiner partye die illusie voor dat koalisies sal lei tot goeie regerings in plaaslike munisipaliteite? In die week se Uitgesproke ontleed Cilliers Brink die leuen dat 'n stem vir kleiner partye noodwendig 'n stem vir die DA en sy bewese rekord van goeie regering is.
---
Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/democratic-alliance/message
Oct 21, 2021
7 min

Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys, se ontkenning dat Afrikaans 'n inheemse taal is ten spyte van historiese en wetenskaplike feite én die konstitusionele hof se uitspraak, wys hoe die verpolitisering van 'n taal die diverse groep sprekers benadeel. Cilliers Brink bespreek die DA se petisie en die gevolglike ineenstorting van taalregte indien Nzimande nie gehoor aan die konstitusionele hof se uitspraak en terugdraai van sy haatdraende Beleidsraamwerk vir Hoëronderwysinstellings nie.
---
Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/democratic-alliance/message
Oct 14, 2021
6 min

Die Konstitusionele hof het bevestig dat die ANC se magsvergryp in Tshwane onregmatig was. Hierdie week op Uitgesproke bespreek Cilliers Brink hoe die ANC Tshwane-inwoners en die DA ondermyn het in sy strewe na mag ten alle koste.
---
Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/democratic-alliance/message
Oct 7, 2021
6 min

Is meer mag vir die Wes-Kaap ‘n model vir die res van die land? In ‘n nuwe weeklikse potgooi, Uitgesproke, praat die DA se Cilliers Brink oor of Wes-Kaapse afstigting nodig is en hoe meer magte op plaaslike vlak dienslewering kan verbeter.
---
Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/democratic-alliance/message
Sep 30, 2021
6 min