Uit 'n ander hoek
Uit 'n ander hoek
RSG
Daar word eerlik en reguit oor geloof gesels, en nie geskroom om minder bekende en selfs uitdagende denkrigtings oor geloof en spiritualiteit te ondersoek nie.
Uit 'n ander hoek 27 September 2020
Hoe belangrik is ʼn oop gesprek oor geloof, en wat is die voorwaardes vir ʼn sinvolle openbare gesprek oor religie? Jean Oosthuizen gesels hieroor met die filosoof prof. Louise du Toit van die Universiteit Stellenbosch en ʼn voormalige NG predikant dr. Ben du Toit.
Sep 27, 2020
25 min
Uit 'n ander hoek 20 September 2020
Jean Oosthuizen wil by sy gaste weet hoe die toekoms van geloof of spiritualiteit lyk ná Covid-19, en hoe die pandemie mense se spiritualiteit beïnvloed? Sy gaste is die toekomskundige, dr. Piet Muller, en die geestelike leier, dr. Abel Pienaar.
Sep 20, 2020
25 min
Uit 'n ander hoek 13 September 2020
Is elke woord in die Bybel letterlik waar, en hoe moet mens die Bybel in die regte konteks lees? Jean Oosthuizen praat met die Ou-Testamentici, prof. Louis Jonker en dr. Gerda de Villiers, oor die teenstrydighede in die Bybel.
Sep 13, 2020
24 min
Uit 'n ander hoek 6 September 2020
As godsdiens veronderstel is om na vrede te streef, waarom is daar dan so baie godsdiensgeweld in die wêreld? Jean Oosthuizen gesels hieroor met die godsdienskenners proff. Farid Esack en Willie Esterhuyse uit ʼn Christelike- en Moslem-perspektief.
Sep 6, 2020
25 min
Uit 'n ander hoek 30 Augustus 2020
Die digters Lina Spies en Daniel Hugo vertel waarom wil hulle nie bekendstaan as Christelike digters nie. Jean Oosthuizen wil by hulle weet wat die verskil is tussen Christelike gedigte en religieuse of geestelike gedigte.
Aug 30, 2020
24 min
Uit 'n ander hoek 23 Augustus 2020
Wat is die nut van gebed in die moderne tyd? Waarvoor bid mens vandag, en is daar iets soos gebedsgenesing? Dit is van die vrae waaroor Jean Oosthuizen met sy gaste, die teoloë prof. Hansie Wolmarans en Terblanche Jordaan gesels.
Aug 23, 2020
24 min
Uit 'n ander hoek 16 Augustus 2020
Dit verg ʼn lang akademiese studie om ʼn predikant te word. Is hulle voorbereid op dit wat in die praktyk op hulle wag wanneer hulle klaar studeer het? Jean Oosthuizen gesels hieroor met die teoloog, prof. Julian Müller, wat as dosent aan die Universiteit van Pretoria baie predikante help oplei het, en Bertus van Niekerk, ʼn voormalige dominee van die Hervormde Kerk wat die kansel vaarwel geroep het.
Aug 16, 2020
25 min
Uit 'n ander hoek 9 Augustus 2020
Rassisme steek oral in die samelewing kop uit. Jean Oosthuizen wil by sy gaste weet hoe staan sake hieroor in die kerk. Sy gaste is Etienne Snyman van die NG Kerk en Hanzline Davids van die Verenigende Gereformeerde Kerk.
Aug 9, 2020
24 min
Uit 'n ander hoek 2 Augustus 2020
Hoe verskil die Jesus waarvan ons in die kerk leer, van Jesus wat 2 000 jaar gelede in Galilea se stofstrate rondgeloop het? Jean Oosthuizen praat met die teoloë, proff. Andries van Aarde en Pieter Craffert oor die historiese Jesus.
Aug 2, 2020
24 min
Uit 'n ander hoek 26 Julie 2020
Die meeste Christelike kerke bely hulle glo aan een algemene Christelike Kerk. Waarom is daar dan soveel verskillende Christelike denominasies, en hoekom skeur kerke? Jean Oosthuizen praat hieroor met twee NG-predikante, dr. Nadia Marais en ds. Michelle Boonzaaier.
Jul 26, 2020
24 min
Load more