
Marieke en Eugene Erasmus het saam met Ma Charmaine Erasmus die Hartbeespoort Begraafplaas besoek en was so bedroef om die grafte in so 'n toestand te sien. Hulle het toe net daar en dan besluit om 'n besigheid te begin op so jong ouderdom. Luister gerus weer hier na die #PodCast.
Mar 19, 2021
14 min

Francis Cloete het sy storie met ons kom deel oor hoe hy in 1988 onverwags Estelle en haar drie kinders se lewe moes red. Hy het hierdie jaar, 34 jaar later, uitgereik en vir Estelle probeer opspoor. Estelle het ook by ons aangesluit in die ateljee met 'n boodskap vir Francis. Luister gerus weer hier na die podcast.
Feb 12, 2021
29 min

Jannie Putter het op #SlatDiePad kom draai maak om te gesels oor sy nuwe boek "Wen 'n hart". Luister gerus weer hier na die onderhoud.
Feb 11, 2021
29 min

Russel en Sanet Fagan het op #SlatDiePad by Ruben Delmage en Nina Coetzer 'n draai kom maak om te gesels oor hoe Sanet vir Russell moes vergewe na jarelange verneukery... Luister gerus weer hierna.
Dec 8, 2020
34 min

HUB van die Atterbury groep - Armond Boshoff het op #SlatDiePad by Ruben en Nina kom inloer om te gesels oor die splinternuwe Castle Gate sentrum wat Donderdag 26 November sy deure oopmaak. Luister gerus weer hier na die onderhoud.
Nov 26, 2020
25 min

Vyf hout bokse met 15 silwer muntstukke is opgeveil ten bate van GROOTfm 90.5 se omgee-projekte! Die doelwit was ‘n stewige honderd duisend rand.
Ons projekorganiseerder, Lindie Strydom het die gaste vertel van ons verskillende inisiatiewe in die gemeenskap waarna die Hoof Uitvoerende Beampte van Silgonex, Marius du Plessis die eerste R40 000 namens Silgonex geskenk het. Ons eie Johrné van Huysteen was die afslaer wat die veiling behartig het. Marius vertel ons so bietjie meer van wie Silgonex is en die bedrag wat toe uiteindelik gisteraand ingesamel is…
Luister gerus weer hier na die Podcast!
Oct 30, 2020
4 min

Kurt Darren het op #SlatDiePad by Ruben Delmage en Nina Coetzer kom inloer om te gesels oor sy splinternuwe liedjie #DieGoeieOuDae en GROOTfm 90.5 se luisteraars het die liedjie heel eerste gehoor! Luister gerus weer hier na die onderhoud.
Oct 22, 2020
20 min

Verhouding spesialis, Paul Smit het op #SlatDiePad met Ruben Delmage en Nina Coetzer kom gesels oor verhoudings in die werksplek en meer spesifiek oor die Strengthfinder. Luister gerus weer hier na die #PodCast.
Oct 12, 2020
26 min

Dewald Wasserfall het op #SlatDiePad kom inloer om te chat oor sy nuwe enkelsnit #Stop en hy het sy kitaar ook saamgebring! Luister weer hier.
Oct 8, 2020
27 min

Verhouding Spesialis, Paul Smit, het op #SlatDiePad by Ruben Delmage en Nina Coetzer kom inloer om te gesels oor verhoudings in die werksplek. Luister gerus weer hier na die #PodCast.
Oct 5, 2020
25 min
Load more
