Rapport Regstreeks
Rapport Regstreeks
Rapport
Redakteurs en joernaliste gesels oor die week se nuus en meer.
Klankkoerant: Waarom is SA se inperking so streng?
Rapport vra in sy hoofartikel, wat gepubliseer word op bl. 2 van die koerant van 26 April onder "Rapport Sê", waarom Suid-Afrika se inperking so streng is. Die konsensus oor inperking wêreldwyd is besig om ineen te stort.
Apr 25, 2020
4 min
Ramaphosa se hantering van Covid-krisis is "skokkend"
Russell Lamberti, analis en ekonoom, verduidelik aan Waldimar Pelser waarom hy sê die regering se hantering van die Covid-krisis is vanaf dag een al 'n groot fout, en waarom die inperking dadelik beduidend verslap moet word, anders stuur ons af op 'n maatskaplike en ekonomiese ramp.
Apr 17, 2020
27 min
Inperking: 'SA vlieg blind'
Waldimar Pelser gesels met John Steenhuisen, tussentydse leier van die DA, oor die regering se besluit om die inperking weens Covid-19 te verleng tot 30 April.
Apr 10, 2020
20 min
Dawie Roodt oor 21 dae van inperking weens Covid-19
Waldimar Pelser gesels met Dawie Roodt van die Efficient-groep, wat verwag dat Suid-Afrika se ekonomie weens inperkings rondom die Covid-19-pandemie met tussen 10% en 15% kan krimp. Daar is egter ook koopgeleenthede as jy weet waar om te belê. Roodt sê die regering van pres. Cyril Ramaphosa moes kies “tussen die ekonomie en menselewens” en dat die inperking van drie weke wat pas begin het “waarskynlik nie genoeg gaan wees nie”. **** Hoe affekteer inperking jou? Stuur vir Rapport 'n stemnota op WhatsApp by 0726156868.
Mar 27, 2020
25 min
Koronavirus in SA: Die ekonomiese impak
Waldimar Pelser gesels met Geordin Hill-Lewis, die Demokratiese Alliansie se skaduminister van finansies, oor wat gedoen kan word om die pyn te verlig van die maande lange ekonomiese krisis wat vir ons land voorlê.
Mar 19, 2020
26 min
Helen Zille oor die toekoms van die DA
Waldimar Pelser in gesprek met Helen Zille by die Toyota Woordfees op Stellenbosch.
Mar 12, 2020
1 hr
Berou oor apartheid
Waldimar Pelser gesels met Dawie Jacobs oor wat hy hoop om te bereik met sy verklaring dat apartheid 'n misdaad teen die mensdom was.
Mar 6, 2020
35 min
Moet pensioenfondse gebruik word om Eskom te red?
Waldimar Pelser gesels met Theo Venter, prof. Raymond Parsons en Ebrahim Fakir oor Tito Mboweni se planne vir pensioenfondse, die land se ekonomiese krisis, en of hulle hoop het vir die toekoms.
Feb 29, 2020
1 hr 21 min
Is daar hoop vir die NG Kerk?
In die tweede aflewering oor die dreigende skeuring van die NG Kerk praat Weekliks se redakteur, Pieter Malan, met dr. Frits Gaum, een van die leidende liberale stemme in die kerk oor die toekoms van die kerk te midde van die reuse onenigheid oor die legitimering van gay-verbintenisse. Gaum glo dat die kerk uiteindelik selfs sterker anderkant sal uitkom mits daar 'n strukture geskep word waar beide liberale en behoudende lidmate en gemeentes kan welkom voel.
Feb 28, 2020
43 min
Gaan die NG Kerk skeur?
Pieter Malan gesels met ds. Theo Danzfuss, een van die leidende figure onder behoudende NG Kerk-lidmate. Ds. Danzfuss gee toe dat versoening tussen die liberale en behoudende kampe in die kerk nie moontlik lyk nie, maar meen dat dit nie beteken dat die NG Kerk noodwendig hoef te skeur nie.
Feb 21, 2020
34 min
Load more