
Ons wil almal graag meer weet oor SA Rugby se beoogde transaksie met die Ackerley Sport Group! Ons het gesels met Hendrik Cronjé van Rapport en hy vertel ons wat die huidige stand van sake met die transaksie is!
Ons gesels ook oor die Springbokgroep vir die November toetse en oor 'n paar spelerskuiwe wat in die nabye toekoms in die URC kan gebeur!
Oct 23, 2024
56 min

Rassie het verras met die dapper keuse van Sacha Feinberg-Mngomezulu op losskakel, en dit in 'n belangrike wedstryd teen 'n moeilike Australiese span. Alhoewel Handré Pollard op die bank ingesluit is, kan mens nie help om te wonder hoe die pad vorentoe vir die ouer Springbokke lyk nie,
MW en Simon gesels ook oor die nuwe reëls en of die Springbokke hierdie Kampioenska ten alle koste moet wen.
Aug 8, 2024
42 min

MW en Simon gesels oor net mooi alles - van skolerugby tot Curriebeker tot sewes tot die Springbokke!
Aug 5, 2024
43 min

'n Paar Bokke het hulle hande hoog opgesteek in die toets teen Portugal en 'n paar het nou nie juis die wêreld aan die brand gespeel nie. André se duikslag is ook weer 'n ander storie en Manie het alweer misgeskop! Dan het Rassie vir 'n paar verrassings gesorg met die Springbokgroep vir die Australiese toetse.
MW en Simon gesels oor die toets teen Portugal en kyk ook na die groep wat Australië toe aan!
Aug 5, 2024
36 min

En daar gaan staan verloor ons toe teen Ierland in die tweede toets! Wat het verkeerd geloop? Wat kan ons anders doen? Is dit tyd vir nuwe bloed?
MW en Simon gesels oor die toetsreeks teen die Iere en kyk ook na die span wat vir die wedstryd teen Portugal gekies!
Jul 24, 2024
1 hr 7 min

Die Springbokke het nou wel vir Ierland geklop met hulle nuwe Tony Brown-wedstrydplan, maar daar is nog baie vrae om te beantwoord. Is die Springbokke fiks genoeg? Wat van die afbreekpunte? Is Kwagga die regte nommer 8? Pas Handré en Faf rerig in die spelpatroon in? Ons bespreek al hierdie en meer in hierdie week se Raakvat Rugby Podcast met Simon Riekert.
Ons kyk ook na al die ander internasionale wedstryde wat die naweek plaasgevind het en ons gesels ook oor wat ons verwag van elke wedstryd eerskomende naweek.
Jul 13, 2024
1 hr 8 min

Springbok afrigter Rassie Erasmus het ‘n paar wenkbroue laat lig, maar niemand kan rerig foutvind met sy span teen Ierland vir die naweek nie. Die beginspan wemel van Wêreldbeker wenners, terwyl die groot verrassing (as mens dit so kan noem) die keuse van Sacha Feinberg Mngomezulu in ‘n 6-2 bank is. Die keuse van twee slotte gee die opsie van ‘n vars vaste vyf en alles dui daarop dat die uitgeslape Springbok afrigter ‘n plan teen die gevaarlike Iere het.
MW en Simon gesels oor die Springbokke asook die ander groot toetswedstryde wat die naweek plaasvind. Moenie dit misloop nie!
Jul 8, 2024
1 hr

Ons is nou al oor die skok van die Bulls wat op Loftus teen Franco Smith se Glasgow Warriors verloor het, maar die tonge klap nog steeds oor Jake White se perskonferensie na die tyd. Ons het bietjie gesels oor wat alles daar aangegaan het.
Verder kyk ons ook na die Springbokgroep wat aangekondig is die naweek: Wie is in, wie is uit en wie is die verrassings!
Jul 8, 2024
28 min

Episode 3: Nou ja toe, die Bulls het almal verras en Leinster in 'n spannende wedstryd geklop, en hierdie naweek moet hulle die uitgeslape Franco Smith se Glasgow Warriors aandurf.
MW en Simon kyk na laas naweek se halfeindwedstryde, en gesels oor wat ons hierdie naweek op Loftus kan verwag.
Laastens kyk ons na die Springbokgroep wat aangekondig is die naweek: Wie is in, wie is uit en wie is die verrassings!
Jun 20, 2024
56 min

Die Bulls het maar swaar geleef teen Benetton en die naweek kom Leinster met al hulle sterre Pretoria toe! Kan die Vodacom Bulls amper die hele Ierse nasionale span die loef afsteek? MW en Simon bespreek die Bulls en Leinster se kanse in hierdie spannende uitklopwedstryd.
MW en Simon kyk ook na Munster teen Glasgow in die ander halfeindstryd in Ierland. Kan Franco Smith se manne almal verras en die verdedigende kampioene troef?
Laastens kyk ons hulle na die Springbokgroep wat aangekondig is die naweek. Ons kies ook ons eerste potensiële Springbokspan vir die jaar uit hierdie groep vir die toets teen Wallis!
Jun 17, 2024
52 min
Load more
