
Ons gesels met akteur Neels van Jaarsveld en joernalis Toast Coetzer oor hoe en hoekom mens 'n landsreis van Suid-Afrika moet aanpak.
Apr 5, 2019
52 min

Ons praat met reisjoernaliste en aanbieders van die Weg Agterpaaie-televisieprogram Toast Coetzer en Sophia van Taak. Hulle het vir die nuwe reeks gaan kuier in die Vrystaat.
Jan 22, 2019
1 hr 13 min

Ons praat met vryskutjoernalis en gereelde medewerker vir Weg en WegRy en Sleep, Evan Naudé, asook Weg se reisredakteur, Toast Coetzer oor toer in Zimbabwe.
Oct 3, 2018
1 hr 8 min

Ons praat met die redakteurs van Weg! en WegRy en Sleep, Pierre Steyn en Schalk Jonker, en met Weg! se artikelredakteur, Toast Coetzer oor vrae wat ons gereeld deur lesers gevra word terwyl ons toer vir 'n storie.
Aug 2, 2018
59 min

Ons praat met die eerste redakteur van die tydskrif, Bun Booyens, die huidige redakteur, Pierre Steyn, en artikel redakteur Toast Coetzer. Ons gesels oorhoe die tydskrif begin het, wat sedertdien verander het en wat nog dieselfde gebly het.
Aug 2, 2018
1 hr 21 min

Hierdie is deel twee in 'n gesprek met Gerrie van Eeden en Toast Coetzer oor Botswana. Luister eers die eerste episode voor jy hierdie een aanpak. In hierdie episode praat ons onder meer oor hoe om waterkruisings te takel in Moremi, sand te ry in Savutu, en watter belangrike toerusting jy nie by die huis moet los nie.
Aug 2, 2018
58 min

Weg-joernaliste François Haasbroek en Toast Coetzer praat met 4x4-kenner Gerrie van Eeden oor Botswana. Ons gesels oor hoe om die grense aan te pak, watter voertuig jy moet saamneem, hoe die paaie lyk, hoe om oor panne te ry sonder om vas te sit en oor nog dinge wat jou gaan help op jou toer deur Botswana. Hierdie is deel een van die gesprek, in episode 2 praat ons verder.
Aug 2, 2018
1 hr 5 min
