Nuusmakers met Mia Spies
Nuusmakers met Mia Spies
Mia Spies & Volume
Drie urineer-voorvalle by Maties: US se dr. Leslie van Rooi vertel wat fout is en hoe hulle dit aanspreek.
18 minutes Posted Nov 4, 2022 at 4:00 am.
0:00
18:03
Download MP3
Show notes

Drie afsonderlike urineer-voorvalle by die Universiteit Stellenbosch het die laaste ses maande die nuus gehaal. Al die voorvalle was by manskoshuise en daar was glo baie drank betrokke by elkeen. In die jongste voorval verlede week het ‘n erg besope student in die kamer van medestudente by die Eendrag-koshuis geürineer. Mia Spies vra die senior direkteur van sosiale impak en transformasie aan die Universiteit Stellenbosch dr Leslie van Rooi wat die rede is vir die gedrag en wat daaraan gedoen word.