Nuusmakers met Mia Spies
Nuusmakers met Mia Spies
Mia Spies & Volume
Brittanje het (wéér) ‘n nuwe premier. Hermann Pretorius vertel vir Mia Spies wat jy moet weet van Rishi Sunak.
15 minutes Posted Oct 28, 2022 at 4:00 am.
0:00
15:19
Download MP3
Show notes

Teen dié pas gaan die Britse koning Charles III meer eerste ministers as sy ma deurdraf. 15 eerste ministers het onder Koningin Elizabeth II gedien. Koning Charles trek nou al by sy 2de, nadat Liz Truss ná net 45 dae (die kortste termyn in Brittanje se geskiedenis) bedank het. Ná 'n week van hoogdrama is Rishi Sunak, die voormalige minister van finansies, as haar opvolger aangewys. Hermann Pretorius van die Instituut vir Rasseverhoudinge, wat die Britse politiek fyn dophou, gesels met Mia Spies.