Met Hart en Siel
Met Hart en Siel
Radio Pulpit
Vier mekaar se kreatiwiteit en uniekheid en kies om lief te hê. Die program is vir vroue (en mans) van geloof wat die pragtige en goeie uit die Vader se hand geniet. Jou aanbieder is die talentvolle Christine Ferreira, redakteur van die Christelike vrouetydskrif, Lééf.
So klop my hart
Susan Coetzer vertel hoe ons as gelowige vroue van ‘n swaarmoedige Sannie tot ‘n super C-vrou kan beweeg. Daarna gesels Rachelle Fourie oor haar nuwe boek My hart klop so ‘n Pad van roeping, geloof en identiteit.
Aug 4
1 hr 37 min
Gekroon
Veronika Olivier, Henda Bonsma en Elvira Joubert van Heidelberg, Gauteng kuier in die ateljee. Daar word gesels oor van kreatiewe handwerk en innerlike genesing tot wat dit beteken om ‘n gekroonde dogter van God te wees. Agnes Lombard van Bernina kuier saam en vertel onder meer oor die jongste naaldwerkneigings en hoe jy jou kreatiwiteit deur handwerk kan uitleef. Ons vertel ook meer van ‘n besonderse geestelike en kreatiewe retreat wat van 18-20 September in Heidelberg plaasvind.
Jul 28
1 hr 34 min
Leef intensioneel & die pad na heelheid
Dr Janine do Cabo gesels oor hoe om intensioneel te leef. Jacques Engelbrecht vertel hoe die pad na heelheid deur die lens van die Enneagram lyk.
Jul 21
1 hr 36 min
Gesonde voeding vir elke fase van vrouwees
Voedingskundige Madalein Helm gesels oor die voedingsbehoeftes vir elke fase van vrouwees van jou twintigs tot in jou negentigs. Hoe en wat om te eet vir energie en gesondheid.
Jul 14
1 hr 32 min
Goed genoeg
Motiveringspreker en entrepreneur Gerridene Berg gesels oor haar boek Goed genoeg. Neil Pelser van Retire at Home gesels oor die uitdagings van die sogenaamde toebroodjie-generasie wat nie net na hul gesinne nie maar ook na bejaarde ouers moet omsien. Spesialis-dieetkundige Natasha Smit vertel hoe die gebruik van speserye in jou dieet jou dié winter gesond sal hou.
Jul 7
1 hr 31 min
Gesonde grense
Narratiewe berader Faith Durie gesels oor gesonde grense. TV-vervaardiger Sonja Lochenberg vertel meer oor ‘n nuwe Christelike TV-reeks getiteld Stories van geloof, hoop & liefde, wat tans beskikbaar is vir stroom op AfriForum TV. Natasja Maartens gesels oor vanjaar se SPAR Women’s Challenge en Marelize Moolman vertel meer oor die Karoo Wolfees wat eersdaags in Middelburg in die Oos-Kaap plaasvind.
Jun 23
1 hr 30 min
Die hart van 'n ma en meer
In hierdie aflewering gesels kookboekskrywer en bloemis Sylvia Strauss oor die gawe van gasvryheid. Daniëlla van Heerden vertel meer oor Die hart van ‘n ma en Jacolene Crafford gesels met ons oor die gesondheidsvoordele van koejawels. Riëtte van der Wat deel meer oor die interessante mense met wie sy gesels het in die Winter-uitgawe van Lééf met hart & siel.
Jun 16
1 hr 19 min
Bybelvroue en salwing
Dr Eunice van der Merwe gesels oor die Bybelse gebruik van salwingsolies en vertel meer oor bekende Bybelvroue en salwing.
Jun 9
1 hr 27 min
Geldsake & identiteitsverwonding
Wilco Nauman gesels oor God & geld Bybelse beginsels vir finansiële vryheid na aanleiding van sy boek God & Money. Dr. Cobus Janse van Nieuwenhuizen bespreek identiteitsverwonding as dit kom by mans.
Jun 2
1 hr 34 min
Met 'n dankbare hart
Lewensafrigter Amanda de Lange gesels oor dankbaarheid. Jan Vermeulen vertel waarom God se Woord is soeter as heuning is. Elizabeth Botha van Geopende Deure vertel meer oor VervolgingsSondag wat eerskomende Sondag die 31e Mei regoor die land plaasvind. Letsie van der Bank gesels oor die Radiokansel-damesoggend wat vanjaar op die 21e Augustus plaasvind.
May 26
1 hr 30 min
Load more