
Gebed is baie belangrik in elke persoon se daaglikse lewe. Is gebed deel van jou lewe? Handelinge 2:41 tot 47 word oor gepraat in hierdie boodskap. Gebed versterk jou kommunikasie tussen jou en God.
Aug 18, 2020
14 min

Elke daaglikse gebeurtenis is deel van God se plan. As jy deur 'n moeilike stadium gaan, weet dit dat dit deel van God se plan is. God is nogsteeds in beheer. Al voel jy dat jy alleen in die storm is, weet dit dat God saam jou in die storm is. Past Gert Schoeman praat oor die redes vir gebeurtenisse in jou lewe met ondersteauning met die Woord van God.
Aug 10, 2020
43 min

Aanbidding moet nie net deel van jou lewe wees nie maar dit moet jou hele lewe wees. Past Gert Shcoeman handel in detail oor jou doel op aarde en hoe dit volgens God se woord met mekaar ooreenstem.
Aug 10, 2020
32 min

God's belodftes staan onveilbaar vas.
Die Heilige Gees is die derde persoon in die eenheid van God.
Om die Gees van die Here beter te verstaan moet ons weet wat sy karakter is en ook Sy werkswyse is.
Aug 10, 2020
25 min

Hoe help die Woord van God ons, om die doping van die Heilige Gees beter te kan verstaan? Past Gert Schoeman handel spesifiek oor hierdie onderwerp asook wat die Woord van God oor dit sê.
Aug 10, 2020
18 min

As God se Huis in puin lê, sal die wêreld nie kan herstel nie. Hoe kan die Huis van God wel herstel word? Past Gert praat oor die erns van God se Huis.
Aug 10, 2020
27 min

Gebed is die mees belangrikste aksie wat elke persoon op aarde moet beoefen om die verhouding tussen die mens en God te versterk, asook kommunikasie,ens. Wat is gebed? Luister terwyl Pastoor Gert Schoeman oor hierdie onderwerp gesels deur na die Woord van God te verwys.
Aug 10, 2020
24 min

Die man en die vrou wat in die wil van die Here beweeg onder die vandel/baniere van God se heerlikheid en Sy beskerming. Past Gert Shcoeman praat meer oor "die persoon" self. Watse vrug dra jy?
Aug 9, 2020
35 min
