In alle Ernst
In alle Ernst
Ernst J. van Zyl
Die In alle Ernst-podsending se doel is om die mal wêreld waarin ons leef te ontrafel in Afrikaans vir besige, nuuskierige mense.
Ep. 73 - Wie besit rêrig die meeste grond in Suid-Afrika?
Baie skokkende statistieke word dikwels aangehaal in Suid-Afrika se kontroversiële en hoogs emosionele gronddebat wat te maklik as feite aanvaar word sonder behoorlike ondersoek. Dit is kommerwekkend dat hierdie statistieke gebruik word om radikale beleide soos onteiening sonder vergoeding te regverdig. Een van die mees aangehaalde bewerings is dat wit Suid-Afrikaners 72% van die land se grond besit. Lees ons volledige dokument hier en maak jou stem dik saam met AfriForum teen onteiening sonder vergoeding: https://onteiening.co.za/
Jul 15
18 min
Ep. 72 - "Kill the Boer" is nie net 'n metafoor nie. Hier is die bewyse.
Is die berugte "Kill the Boer"-dreunsang deur die leier van die Economic Freedom Fighters (EFF), Julius Malema, 'n letterlike oproep tot geweld, of "net 'n metafoor" soos sy verdedigers, insluitend president Cyril Ramaphosa, beweer? Ek het 'n groot hoeveelheid bewyse saamgestel om hierdie valse narratief te weerlê.   Verseker dat Julius Malema agter tralies beland. Besoek: https://www.artikels.afriforum.co.za/afriforum-ontbloot-julius-malema-se-ekstremisme-aan-die-wereld-en-eis-internasionale-gevolge/
Jun 24
9 min
Ep. 71 - Om te streef na “radikale normaliteit”
Daar is onlangs 'n paar debatte rondom "die einde van normaal" vir Afrikaners. In hierdie episode tree ek egter in die bresse vir normaliteit in 'n abnormale land.
Jun 3
4 min
Ep. 70 - Die toekoms behoort aan die bouers, nie die hernoemers nie
Die ANC-geleide regering se politieke foefie om vir Graaff-Reinet te hernoem na "Robert Sobukwe-dorp" het my weer herinner aan ’n ou gesegde: Diegene wat kan, doen. Ek reken ons kan dit gerus aanpas in ons tyd na: Diegene wat kan, bou, en diegene wat nie kan bou nie, hernoem.
May 5
4 min
Ep. 69 - Hoekom ontaard liberale demokrasieë in tirannieë?
Ek bespreek Amerikaanse politieke analis en skrywer Auron MacIntyre se boek, The Total State (2024) se arguments oor hoekom soveel liberale demokrasieë ontaard in tirannieë.
Apr 15
8 min
Ep. 68 - In multikulturele politiek kraai identiteit steeds koning
Ek bespreek hoe die vraag "Wie is ons?" gaan bepaal hoe die 21ste eeu gaan uitspeel in Suid-Afrika, vir die Afrikaners, asook in Amerika en Europa.
Feb 18
8 min
Ep. 67 - Is Amerika en Europa besig om te Suid-Afrikaniseer?
Vele lande is besig om teken te toon van "Suid-Afrikanisasie". Hoe lyk Suid-Afrikanisasie egter as beleidsraamwerk in praktyk? Ek bespreek.
Feb 18
5 min
Ep. 66 - Hoe lyk die toekoms vir Afrikaners in Afrika?
Regdeur die geskiedenis het vele al gedink die Boere se storie is verby: ná die Groot Trek, Bloedrivier, die Vryheidsoorloë, die Groot Depressie, en veral toe ons in 1994 beheer oor die staat verloor. Elke keer was dit “die einde”. Die doemprofete bly egter verkeerd. Ons is steeds hier. Hierdie episode se inhoud is ‘n aangepaste weergawe van my 2025 Geloftedag feesrede by die Bapsfontein Geloftefees.
Jan 29
17 min
Ep. 65 - Vir individue en volke is isolasie dikwels ’n keuse
Een van die lotsbepalende faktore vir Afrikaners in die 21ste eeu gaan beslis wees hoe doeltreffend ons op groterwordende skaal organisasie- en gemeenskapsbouers gaan word. ’n Goeie voorbeeld van die vrugte wat gepluk kan word van organisasie- en gemeenskapsbou is die ontstaan en groei van AfriForum.
Jan 26
7 min
Ep. 64 - Die wêreld vind uit van polities ongerieflike feite oor Suid-Afrika
Ek bespreek die groot deurbrake en vordering gemaak deur verskeie organiasies en individue in die aanhoudende stryd om die wêreld in te lig oor die waarheid rakende die Suid-Afrikaanse regering se korrupsie, mislukkings en menseregteskendings.
Oct 15, 2025
4 min
Load more