
Ons nooi jou hartlik uit na 'n besondere geleentheid waar Chantal Oosthuizen ons uit die Woord van die Here gaan bedien. Ons gaan ons harte ondersoek en fokus op die dodelike sonde van gierigheid. Gierigheid, hebsug, suinigheid, begerigheid, onvergenoegdheid en ontevredenheid is almal deel van dieselfde familie, gebore uit vrees en vleeslike ambisie.
Die Bybelse teenmiddel hierteen is vrygewigheid! Kom saam met ons op 'n innerlike reis met die hulp van die Heilige Gees en die Woord van God. Laat ons ons harte was en reinig van alle geheime sondes wat ons lewens verwronge en donker maak.
Jun 30, 2024
51 min

Tye verander maar SONDE is nog steeds net so vernietigend soos altyd! Sonde verwoes verhoudings, dit is direkte ABUSE van die mees kwesbare mense naaste aan jou. Niemand is sonder sonde nie. (Rom 3:23) In die volgende 7 weke gaan ons elkeen van hierdie sondes onder die soeklig van God se Woord plaas, maar ook die Bybelse TEENMIDDEL vind om dit te oorwin!
Hoogmoed (Pride) NEDERIGHEID
Gierigheid (Greed) VRYGEWIGHEID
Afguns (Envy) VERGENOEGDHEID
Luiheid (Sloth) TOEWYDING
Woede (Wrath) SELFBEHEERSING
Wellus (Lust) DANKBAARHEID
Gulsigheid (Gluttony) SOBERHEID
Hierdie week begin ons met HOOGMOED:
https://hrco.co.za/preke/7-dodelike-s...
Jun 23, 2024
46 min

'n Bybelse Alternatief vir Ekonomiese Voorspoed vir AlmalOns is getuies van 'n merkwaardige verandering in Suid-Afrika – 'n nuwe era van samewerkende regering. (Regering Nasionale Eenheid)Ons het landwyd verenig in gebed en intersessie. Natuurlik moet ons aanhou bid dat die laaste stuiptrekkings van populistiese verdeeldheid nie die delikate eenheid en samewerkings-ooreenkoms laat verbrokkel nie. Wat is die pad vorentoe? Terwyl moderne ekonomiese stelsels (kapitalisme en sosialisme) geneig is om na uiterstes oor te slaan – kapitalisme wat individuele rykdom en markvryheid beklemtoon, en sosialisme wat kollektiewe eienaarskap en rykdomherverdeling voorstaan – bied die Bybel 'n middelpad. Hierdie benadering kombineer persoonlike verantwoordelikheid met gemeenskaplike mededeelsaamheid, en lê klem op die ontwikkeling van innerlike waarde en karakter. Ek sien in die geloof dat die Here besig is om ’n koninkryk-gedrewe Christus-waarde-gesentreerde - Praktiese PLAN in verskillende dorpe in Suid Afrika te vestig wat nie net praat oor oplossings nie, maar dit demonstreer!
Jun 16, 2024
58 min

’n Gesonde lewe behels gesonde gewoontes! Ons sien in Jesus se lewe die perfekte balans om na liggaam, siel en gees gesond te wees, en God daardeur te verheerlik. Soos die bestandele in ’n sop is hierdie 8 fokus areas van wesenlike belang om gesond te wees en te bly. 1 Skakeling - Verhouding met God, self en naaste2 Oefening - Wat ons nie gebruik nie verloor ons 3 Rus - Slaap, afskakel, middagslapie 4 Voeding - Jy is wat jy eet5 Werk - Ledigheid is satan se oorkussing6 Leer - Bly voortdurend nuwe dinge bemeester7 Gee - Help en gee van jouself vir ander8 Speel - Geniet die lewe en ontspanhttps://hrco.co.za/preke/8-bestandele-vir-n-gesonde-lewe/
Jun 9, 2024
43 min

Die heerlikheid van die mens vergaan soos politieke partye kom en gaan… maar die heerlikheid van Christus IN en ONDER ons wat Hy deur Sy Gees in ons harte uitgestort het… kan nie vergaan nie!! Dit is die KRAG en WONDER van die NT Evangelie “goeie nuus” boodskap! Jesus die Hoop op heerlikheid. (Col 1:27) Hierdie koninkryk se heerlikheid kan nie geskud word nie (Heb 12:24) inteendeel die kom juis tot Sy volheid in swaarky en lyding. (2 Cor 4:17-18) Die heerlikheid wat U My gegee het, het Ek ook aan hulle gegee (Joh 17:22) KOM HIERDIE SONDAG EN DEEL JOU GETUIENIS en WORD VERSTERK DEUR ANDER SE STORIES VAN GOD SE HEERLIKHEID IN en ONDER ONS!! Notas: https://hrco.co.za/preke/sy-heerlikheid-in-aardse-kruike/#Fadingglory #EternalGlory #ChristWithin #JesusChrist
Jun 2, 2024
54 min

Hemel in Jou Hart / Die INNERLIKE Lewe.
Ons innerlike lewe is 'n weerspieëling van ons verhouding met God en beïnvloed hoe ons die eksterne wêreld hanteer. Deur te fokus op aspekte soos selfgesprek, gesonde Christus gesentreerde selfbeeld, teenwoordigheid van gees, God-Binne-My-bewussyn, die gawes van die Gees, die vrug van die Gees kan ons 'n gesonde innerlike lewe kweek wat God verheerlik en ander seën.
#InnerLife #ChirstWithin
Notas:
https://hrco.co.za/preke/die-innerlik...
May 28, 2024
34 min

Ons begeerte na die hemel, is meestal met 'n lens van, wat is in dit vir my? Gaan dit lekker wees? Pyn vrye sondelose bestaan klink mos immers hemels! Tog is dit duidelik dat die Hemel die kulminasie is van God se storie met die mens.
En Ek sal my tabernakel onder julle oprig, en my siel sal van julle geen afsku hê nie. En Ek sal in jul midde wandel en vir julle ’n God wees, en júlle sal vir My ’n volk wees. (Lev 26:11-12)
En my tabernakel sal oor hulle wees, en Ek sal vir hulle ’n God wees en hulle vir my ’n volk wees. En die nasies sal weet dat Ek die HERE is wat Israel heilig as my heiligdom vir ewig in hulle midde sal wees. (Ezek 37:27–28).
Skakel gerus in, om die laaste van hierdie reeks oor die HEMEL te luister.
Preek Notas: https://hrco.co.za/preke/god-se-droom...#Hemel #Heaven #eternity #Hiernamaals #LifeAfterDeath #afterlife
May 19, 2024
48 min

Ons lewe in ’n wêreld van toenemende wanhoop!! Ons jongmense het nie iets konkreet positief waarna hulle kan uitsien nie: Aardverwarming, Populasie aanwas, Ekonomiese uitdagings, politieke onsekerheid, wêreldkonflik laat mense sonder HOOP! Ons sien hierdie tragiese realiteit in die toenemende hoeveelheid mense wat selfmoord pleeg, en die gebruik van antidepresante!
JESUS KONDIG ’n VOLKOME NUWE RESOURASIE AAN!!
DIe herskepping en wedergeboorte van alle dinge - ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde!
Hoe lyk die Hemel, wat sal ons daar doen, wie sal ons daar ontmoet? Hoe weet ons dat hierdie boodskap nie net 'n godsdienstige fabel is nie? Kom vind uit!!
HY MAAK ALLES NUUT
https://hrco.co.za/sermons/the-restor...#Heaven #HeavenIsReal #New #Restoration
May 14, 2024
32 min

’n Nuwe wetenskaplike studie van naby-dood ervarings BEWYS onteenseglik "daar is LEWE na die DOOD. (Evidence of the Afterlife | Largest NDE study reveals proof of life after death | The science of Near-Death Experiences | Jeffrey Long & Paul Perry).
Van die 1300 mense wat aan die studie deelgeneem het is die volgende stories konsekwent waargeneem:
1. Buite-liggaamlike ervaring (BLE): Skeiding van bewussyn van die fisiese liggaam
2. Verhoogde sintuie
3. Intense en oor die algemeen positiewe emosies of gevoelens
4. Beweeg deur 'n tonnel
5. Ontmoet 'n mistieke of briljante lig
6. Ontmoet oorlede familielede of vriende (selfs diegene wat jy nie geweet het al dood is nie)
7. 'n Gevoel van verandering van tyd of ruimte
8. Lewensoorsig
9. Ontmoet onwêreldse (“hemelse”) wesens
10. Ontdek of leer spesiale kennis
11. Kom by 'n grenslyn of hindernis
12. 'n Terugkeer na die liggaam, óf vrywillig of onvrywillig
Van hierdie persone was blind, ek kon tydens die ervaring hulle eie liggame en omgewing sien. Mense wat naby-dood-ervarings het, kom van regoor die wêreld, oor die spektrum van Oosterse of Westerse godsdienstige, en ook geen religieuse agtergrond, ryk en arm, geletterde en ongeletterd, en selfs kinders onder 10jr oud! Almal het baie werklike ervarings van 'n ANDER wêreld waar tyd nie bestaan nie.
Leer meer hiervan in hierdie REEKS Preke - Jan Oosthuizen
#NDE #NearDeathExperiences #AfterLife #Eternity #EternalLife #Spirituality
May 5, 2024
45 min

Die laaste tyd voel ek in my gees, ’n groter dringenheid om te bid. Ons beleef natuurlik ook meer nood en drama, en gevolglik roep ons die Here aan in hierdie tye van nood.
Maar hoe beweeg ons van versoeke bid tot die Here tot praklamasies en dade waar ons een is met die Here om Sy wil te doen? Gebede dus wat beantwoord word!
Luister na hierdie boodskap as jy jou gebedslewe wil vernuwe!
Apr 28, 2024
44 min
Load more
