Die ekonomie minuut
Die ekonomie minuut
Waldo Krugell
Die prys van 'n rugbykaartjie
2 minutes Posted Jul 7, 2026 at 3:00 am.
0:00
2:52
Download MP3
Show notes

Verlede Saterdag het die Springbokke teen Engeland uitgedraf voor 'n stampvol Ellispark. Maar die Dinsdag vantevore was daardie stadion op koers om half leeg te wees.Kaartjies het by R950 begin, verkope was traag, en ondersteuners het die somme gemaak: 'n gesin van vier, as jy vervoer en 'n boereworsrol bytel, het teen die vyfduisend rand gestaar. Toe swig SA Rugby. Hulle het die goedkoopstekaartjies tot R650 verlaag, party blokke tot R450, en die stadion het volgeloop.

Hoe dink ekonome dan oor kaartjiepryse?