AudreyStories
AudreyStories
Audrey Nolte Painter
Kanada Immigrasie 35. Kanada, Australië of Nieu-Seeland? Hoe kies jy 'n nuwe land?
9 minutes Posted Jan 17, 2020 at 12:00 am.
0:00
9:04
Download MP3
Show notes

Kanada, Australië of Nieu-Seeland is 3 goeie opsies vir Suid-Afrikaners wat wil immigreer. Jy worstel met die vraag, "Wat as ek verkeerd kies? Watter land is die REGTE een?" En, as jy op die oomblik in een van die 3 lande woon, het jy dalk besluit om weer 'n keer te trek. Nie terug SA toe nie, maar uit Kanada dalk Australië toe. Dis normaal om met die idee te speel dat jy dalk WEER moet trek. Moenie. Dit maak nie saak nie. Dis goeie 1e wêreld-lande waar jy werk kan kry en waar jy gelukkig sal word. Maar -- ek maak wel hier 'n saak vir Kanada. Ek dink regtig Kanada is op die langeduur die heel beste opsie. Jy trek ter wille van jou kosbare kinders se toekoms. Oor 20 jaar, sal Kanada nog meer gesog wees as plek om heen te trek. Dan is jy klaar hier. Ek gee 'n paar redes hoekom ek Kanada kies as die nommer 1 land vir immigrante.

Support the show