Show notes
Ek het wonderlike nuus -- Daar's 'n maklike manier om vinnig te immigreer! Voor Kersfees is jy hier! EK JOK. Dis Willie-die-Wolf wat sulke snert vertel en hy is 'n immigrasie skelm wat koelbloedig vir jou gaan jok en jou geld gaan steel. Jy gaan slimmer wees as Willie-die-Wolf en jy gaan ook nie vir "Wimpie-weet-als" luister nie. Jannie en Sannie te TV breek. Hulle beeld is donker. Hulle wil da-de-lik 'n nuwe TV koop. Op die TV van hulle toekoms in hulle land, is alles donker. Daar is nie 'n toekoms-prentjie wat vir hulle goed lyk nie. Hulle raak angstig. "Willie-die-Wolf" kan dit RUIK en wys vir hulle die mooiste TV ooit -- met 'n toekoms in Kanada wat soos 'n kinderfliek is of 'n bitter goeie sepie. Word slim voor jy trek ...
Support the show
