AGTERBLAD
AGTERBLAD
Hendre Cubitt; Willem Rautenbach; Francois van Zyl; Alten du Plessis; Charl Eksteen
Nov 15, 2021 · 1 hr 7 min

Episode 10 - Bokke slag Skotte, Kiwis gekelder en Lewis laat wiel!

MP3
Na ‘n holderstebolder week van opskuddings en onverwagse wendings, waar die enigste voorspelbare die onvoorspelbare (en ‘n Bok-wen) was, is die manne hier om jou op hoogte van die nuutste kwessies in sport te bring.In Van die Blad Af (2:00-5:10) word internasionale rugby resultate, F1-drama, Premierliga breierskuiwe en nuus rondom Bafana se (nou gewese) kwalifiseringspoging gedeel.In die Losskrum word die betroubare Bokke se voorspelbare wenresep weer bespreek (5:11-23:22). Sterspelers word ook in die kollig gesit, met spesiale eer vir ‘n sekere sosiale media-spesialis. Die wedstryd van die naweek – Ierland se begeesterde triomf oor die All Blacks – word ook kortliks gedek (23:25-30:52).Anderkant die Tasman-seestraat word daar Doer Onder fees gevier na Australië hul eerste T20-Wêreldbeker teen die Swartpette beklink het. Die manne betreur hierdie wending en loer vinnig na die volgende T20-Wêreldbeker wat volgende jaar in Australië plaasvind (30:53-39:26).In ‘n resies so asembenemend soos die res van die sportweek het Lewis Hamilton vir nog ‘n #blessed Sondag vir sy aanhangers gesorg. Sy merkwaardige vertoning, opmerklike resiesinsidente en die laaste paar resies in die F1-seisoen word bespreek (39:27-55:02).Op die Telbord word daar geklets oor krieket se Kiwikoning Kane, die Bokke se kans teen die Rose en waar Brasilië 2021 in Hamilton se nalatenskap inpas (55:03-1:01:55).Agterblad se Hoek van Helde word geseën met die teenwoordigheid van vurige Iere (1:01:58-1:04:20).In Beseringstyd tuur ons na die komende week en lig die opwindendste geleenthede uit (1:04:21-1:07:31).Volg ons op sosiale media en kom sê jou sê op die Agterblad!

This podcast uses RedCircle for stats, tracking, and dynamic audio. What this means Timestamps may be slightly off because ads are inserted dynamically. Episodes play from the podcast's own servers, unmodified. Not affiliated with Podbay.