John Deere Africa
John Deere Africa
Jacques Basson
The John Deere Africa podcast series gives listeners a chance to hear from people, which typically relate to John Deere and/or the business of agriculture.
Cog van der Colff
Cog van der Colff boer reeds die afgelope 20 jaar op ‘n familieplaas van 200ha in die Upington-omgewing, op die oewers van die Oranjerivier, wat tafeldruiwe, rosyne en pakanneute produseer. Cog het in 2006 na organiese boerdery oorgeskakel en ‘n paar jaar later sy eerste suksesvolle oes gelewer. Die boerdery het van krag tot krag gegaan, en in 2011 is Cog aangewys as Agri SA/Toyota se ‘Boer van die Jaar’. Die plaas beskik boonop oor sy eie verpakkingsfasiliteit vir rosyne, wat ‘n addisionele bron van inkomste en werkskepping bied, en verlede jaar het Cog ook ‘n lisensie bekom om cannabis, vir medisinale doeleindes, te produseer vir uitvoer na Kanada.
Nov 28, 2020
57 min
Zander Ernst
Tzaneen staan bekend as bosbouwêreld, met klem op veral denne- en bloekomplantasies. Zander Ernst, ‘n vierde-generasie boer wie se oupagrootjie bykans 100 jaar gelede hom hier gevestig het, se familie het egter twee dekades gelede begin om hul bloekom om te skakel na avokado’s toe. Die feit dat hulle reeds oor ‘n wêreldklas avokado-kwekery beskik het, het die omskakeling vergemaklik, en vandag maak Allesbeste-boerdery ‘n noemenswaardige deel uit van Tzaneen se avo-produksie - wat 40% van Suid-Afrika se avokado’s lewer.
Nov 27, 2020
1 hr 8 min
Vickie van der Westhuizen
Vickie van der Westhuizen en sy broers het grootgeword op hul pa se plaas in die Parys-distrik. Die droogtes en hoë rentekoerse van die Negentigerjare, het hom en sy broers genoop om die grond onderskeidelik op te koop ten einde die plaas te red, en Vickie het sy plaas, Weiveld, oor die afeglope twee dekades opgebou tot een van die susksesvolste saaiboerderye in die distrik. Boonop het hy ‘n paar jaar gelede ook ‘n voerkraal op die been gebring. Die volgende stap in die uitbreiding van sy bedryf is ‘n eie meule, want ten einde meer volhoubaar te wees is dit noodsaaklik om ‘n mens se produk verder te neem en van die middelmanne uit te sny.
Nov 26, 2020
50 min
Pieter van der Westhuizen
Pieter van der Westhuizen boer met mielies, sonneblomme en sojabone, nadat hy aanvanklik met beeste gespekuleer en ook ‘n melkery bedryf het. Hy verkies saaiboerdery aangesien die omdraaityd vinnig is en ‘n mens, met behulp van moderne tegnologie, vinniger die regte besluite kan neem om jou besigheid te verbeter. Hy spandeer ook heelwat geld om sy grond se vrugbaarheid en status voortdurend te verbeter. Verder glo Pieter in proewe - standproewe, kunsmisproewe, kultivaarproewe ensovoorts - en het hy ‘n voltydse persoon aangestel met die uitsluitlike doel om proewe te plant. Sy werkers, en veral die trekkerdrywers, beskou Pieter as spesialiste in hul eie reg, wat groei saam met die tegnologie, en derhalwe betaal hy hulle tot drie maal die minimum loon.
Nov 25, 2020
35 min
Johan Vos
Met ‘n geoktrooieerde rekenmeester as pa, was Johan Vos as kind ‘n dorpsjapie wat, danksy sy ma, wat ‘n plaas geërf het, van jongs af ‘n passie vir boerdery ontwikkel het. So passievol was Johan daaroor as ‘n tiener, dat hy smiddae na skool uitgedraf het plaas toe en terug - net om vir ‘n paar uur te kon boer. Vee was nog altyd sy groot liefde, maar mielies het noodsaaklike diversifikasie gebied soos die besigheid uitgebrei het. Johan het ook ‘n meule op die plaas bedryf, maar dié uiteindelik toegemaak namate die administrasie daarvan, en spesifiek geldinvordering, die aandag van sy boerdery begin aflei het.
Nov 24, 2020
47 min
Bernard Scheepers
Bernard Scheepers van Ermelo se verhaal is sowel hartroerend as inspirerend. Nadat hy op tragiese wyse altwee sy ouers verloor het in ‘n wrede aanval op hul plaas in 1997, wou hy aanvanklik nie meer boer nie. Hy het begin rondspeel in die eiendomsmark, as ‘n veiliger alternatief tot landbou, maar hoewel hy mettertyd ‘n indrukwekkende portefeulje van eiendomme regoor Suid-Afrika opgebou het, het Bernard intussen, ten spyte van die familie-tragedie, sy passie vir die plaas herontdek. So veel so, dat hy oor die afgelope twee dekades die boerdery meer as vervierdubbel het...
Nov 23, 2020
54 min
Martin Louw
Martin Louw is ‘n derde-geslag boer van die Vredefort-distrik wat met sojabone, ‘n Beefmaster-stoet en Vleismarino skape boer. Sy besigheidsin kom van kleintyd af toe hy progressief met hoenders, lammers en uiteindelik beeste begin boer het. Interessant genoeg, word sy hele saaiboerdery eiehandig hanteer deur slegs Martin en sy seun, en om die rede glo Martin vas in die betroubaarheid van John Deere-masjinerie. Die onstabiliteit van die mielieprys het Martin genoop om hom eerder op sojabone toe te te spits, wat, met behulp van die nodige toerusting, ‘n meer winsgewende gewas vir hom bied. Hy waarsku egter teen die beoogde vervoerdifferensiaal, wat graanpryse dramaties kan laat val.
Nov 22, 2020
40 min
Barry Landman
Barry Landman en sy twee broers is derde-generasie sitrusboere op Letsitele, naby Tzaneen. Hul hoofvertakking is lemoene, maar hulle produseer ook pomelo’s en suurlemoene, en het onlangs begin diversifiseer met die ontwikkeling van sowel makadamias as avokado’s. Die nuutste toevoeging tot die besigheid, wat die broodnodige diversifikasie-proses eenvoudig na ‘n ander vlak neem, was die vestiging van ‘n Caltex-vulstasie, met ‘n FreshStop-geriefswinkel en Liquor City-drankwinkel, langs die hoofpad. Christie Landman Boerdery (vernoem na hul oorlede pa) gee behoorlik gas!
Nov 20, 2020
1 hr 16 min
Vlok Hanekom van Die Mas
Vlok Hanekom boer saam met sy broer Coetzer op Die Mas, ‘n plaas wat deur sy ouers, Vlok sr en Welna Hanekom, in 1970 op die been gebring is en geleë is in die Kakamas-distrik - op die oewers van die Oranjerivier. Die streek beskik oor unieke klimaatstoestande, met die water van die magtige Oranjerivier wat, tesame met die snikhete Afrika-sonskyn, lewe blaas in die vrugbare grond van hierdie semi-woestyngebied. Die Hanekoms produseer derhalwe ook ‘n unieke kombinasie van sowel tafeldruiwe en rosyntjies, vir uitvoerdoeleindes, as bekroonde wyne en brandewyne.
Nov 17, 2020
1 hr 1 min
Theo Prinsloo van GuanoBoost
Theo Prinsloo staan, saam met sy ou skoolvriend Johan Swarts, aan die stuur van , ‘n innoverende maatskappy wat ‘n alles-in-een, 100% organiese kunsmisproduk aan boere voorsien. GuanoBoost word vervaardig van Namibiese guano (voëlmis) wat, met ‘n stikstoftelling van N16.5%, die hoogste konsentraat ryk, natuurlike messtof in die wêreld bevat. Die produk word verwerk by hul aanleg in Swartwater, Limpopo. GuanoBoost help kommersiële boere om sowel hul oesopbrengste as die rakleeftyd van hul produkte op ‘n volhoubare manier te verhoog, terwyl dit tersfeldertyd operasionele logistiek vergemaklik en omgewingsvriendelik is.
Nov 1, 2020
56 min
Load more