HOEKOM?
Die maan hang rooi oor die see.
Binne ’n donker vertrek vra iemand dieselfde vraag oor en oor:
Hoekom is die mens so wreed?
Is dit in die brein?
In die oë?
Of lê die antwoord dalk in die hart?
Maar hoe verder hy soek, hoe duideliker word dit dat die grootste monster nie altyd die een in kettings is nie.
’n Donker, ontstellende kortverhaal oor wreedheid, skuld en die verskriklike dinge wat mense doen in die naam van antwoorde.
Welkom terug by, Slaapstories vir Grootmense, jou weeklikse potgooi van Afrikaanse stories en vertellings wat jou saans sus tot in droomland.
Nuwe Oom Eldee episode elke Donderdag, gelees deur Lourens Joubert. Nuwe Onder die Lamplig episodes elke eerste en derde Sondag, 'n ander lekker storie elke tweede Sondag, en 'n Nuwe Avonture van Mavis Ferreira en Lodewikus die Brak elke laaste Sondag, almal gelees deur Madelein Wessels.
Laat ons weet wat jy dink van die episode, of hoe ons jou beter aan die slaap kan maak by enige van ons Sosiale Media platvorms:
Linktr.ee • Patreon • Instagram • Facebook • YouTube • Tiktok
As jy graag die potgooi wil ondersteun met 'n donasie: Buy Me A Coffee
As jy nie finansieel kan ondersteun nie, ons verstaan, en moenie sleg voel nie, druk die "Share" knoppie en stuur hom vir jou beste pêl, dit help ons net so baie!
Hoop jy geniet die episode.
Lekker slaap.
#Afrikaans #Expats #AfrikaansPodcats #Fairytales #Fables #SouthAfrica #AdultStories #Slaapstories #Slaapstoriesvirgrootmense #learnafrikaans #SouthAfrican #SouthAfricanExpats # Expats #TrotsAfrikaans #afrikaansisgroot #afrikaansislekker #mytaal #localislekker #MadeleinSchoombee #Shortstory #Kortverhaal


