Nuusmakers met Mia Spies
Nuusmakers met Mia Spies
Mia Spies & Volume
Is staatskapers se dae getel? Politieke ontleder Roland Henwood praat met Mia Spies oor die Transnet-arrestasies.
15 minutes Posted Sep 2, 2022 at 4:50 am.
0:00
15:50
Download MP3
Show notes

Wetstoepassingsagentskappe het hierdie week groot visse inkatrol in verband met staatskaping. Transnet se voormalige hoof Brian Molefe, en voormalige finansiële hoof Anoj Singh is saam met twee ander in hegtenis geneem vir korrupsie en bedrog van meer as R93 miljoen. Die nasionale vervolgingsgesag sê nog arrestasies kom. Mia Spies vra die politieke ontleder van Universiteit van Pretoria Roland Henwood of die net uiteindelik nouer span om die mense wat staatsinstellings in die Zuma-era geplunder het.