Show notes
Goeie Naand,Baie keer word die vraag gevra “Wat sou jy anders gedoen het of wat is jou planne?” Niks is daar wat versekering bied dat dit suksesvol sou gewees het nie. Ons lees Mattheus Wat sal jy gee in ruil vir jou lewe, jou behoud, jou waarde en doel, jou betekenis vir die mense om jou wat jou liefhet? Anders gestel “Wat beteken jy, met dit wat jy het, gaan alles oor wins wat jy kan opbou?” Jyself kan die vrae antwoord in jou stille gesprek met Die Here. Vanaand sluit ons af met ‘n storie wat ek lank gelede gelees het.Die verhaal is van ‘n boetie en sussie. Die boetie het gely aan ‘n seldsame bloedsiekte. ‘n Bloedoortapping was nodig. Die ouers is getoets en ander ook, die sussie se bloed is wat aanvaarbaar sou wees vir haar boetie. Die ouers en dokters het mooi met haar gepraat. Sonder huiwering, vrees, trane van seerkry of die waarom dit nodig was, het sy gedweë ingestem.Met die dag van die oortapping het sy langs haar boetie in ‘n hospitaal bedjie gelê en net gevra of sy hom kan groet. Haar groet was met trane, dat hy mooi na pappa en mamma sal kyk, ‘n goeie mens sal word en geluk vind in die toekoms. Met dit omgedraai, pappa en mamma ‘n drukkie gegee en gesê sy is lief vir hulle en weer in haar bedjie geklim. Verstom het die ouers en dokters dit aangehoor en wou weet hoekom sy dit gesê het en so opgetree het? Haar antwoord was, dat, as sy haar bloed vir boetie gaan gee sodat hy kan lewe, dan sal sy nie meer saam kan lewe nie. Sy wou net groet. Kan jy jouself die emosies voorstel waarmee die ouers moes verduidelik, hulle gaan nie al haar bloed gebruik nie, sy gaan net genoeg gee sodat boetie gehelp kan word. Sy gaan lewe, hulle wou haar nie doodhê omdat hulle boetie bo haar verkies nie. So werk ons Here ook. Onbaatsugtig het Hy ons die Ewige Lewe gegee. Wat sal jy in ruil gee vir jou lewe?AMENNagsê Here.

