Show notes
Goeie naand, Jy hoef nie alleen te voel as jy op soek is na geluk nie. Elke mens beleef sulke tye, party meer as ander en daar is diegene wat elke dag soekend is na geluk. Dit is nie omdat mens van nature ontevrede is nie maar nie weet hoe om omstandighede te hanteer nie. Geluk word baie kere gemeet aan wat ander het, nie net aardse goed nie maar ook hulle positiewe ingesteldheid. Jy begin om jouself met hulle te vergelyk, die hulle lag altyd, vind vreugde in wat hulle doen, helder gesprekke op, kyk nooit neer op ander nie en is behulpsaam waar en wanneer hulle kan. Om so te wees kos geestelike oefening, jy moet werk aan jouself om in jouself geluk te skep wat ander kan motiveer. Dit is baie moeilik om werklik te oefen aan jou eie geluk, jy het seker ookal gestaan by ‘n lang siekbed van ‘n kind of ouer, tydings van hartseer ervaar, ongelukke beleef en mislukkings. Jy is dalk ook vervreem van geluk omdat jy anders is, anders aantrek, anders optree, dink maar aan die etikette wat so maklik geplaas word deur mense op ander. Dan klink die woorde van Spreuke Mag jy vanaand geluk ervaar met ‘n vrolike hart want Die Here se Liefde bring genesing.Leef in Liefde, vir Liefde, mag jy gou gesond word en jou oefening geniet, om Sy Naam ontwil en ware geluk beleef al is dit met betraande oë en moeë gees. AMEN Nagsê Here

