Show notes
Zaan vertel dat die album amper nie gerealiseer het nie, omdat hy na sy ma se dood gereed was om musiek vaarwelte roep. Gelukkig het die span by Vonk Musiek sy passie weer laat opvlam en kan hy nou sy ma se nagedagtenis methierdie pragtige voltooide produk eer. “Ek dink omdat my ma baie betrokke was by die skryf van die album (sy wasook ’n skrywer by wie ek baie geleer het) en ek dit nooit vir haar sal kan wys nie, was dit amper nie meer vir my diemoeite werd nie en het ek al my opnames van my rekenaar af gevee. Ek en Tertius moes dus alles van vooraf doentoe ons begin opneem het.”

