Stories vir Corona/Covid 19 se "Bly by die huis" dae. Hierdie is 'n baie spesiale verhaal. Ek het dit die nag voor my 4e kind se 18e verjaardag geskryf -- as verjaardag geskenk aan haar. (Skies my ander 3 kinders dat julle nie "18e verjaardag-stories-wat-in-tydskrifte-was" gekry het nie -- bel vir mamma, dan praat ons.) "DIE LUISTERAAR" was die eerste verhaal wat einding met 'n keuse. Ek dink ek wou my dogter leer dat mens altyd 'n keuse het en dat mens soms 'n swaar keuse moet maak. Hierdie is die 1e een van 6 ander stories wat eindig met 'n keuse.
Maart 27, 2020. Vandag is jy iewers op aarde in isolasie gedurende die vreemdste pandemie. Dis 'n onbekende iets. Ek het besluit om stories te vertel, soveel as wat ek kan. Vir nou, kies ek Afrikaans, al is al my vriende in Kanada dikbek vir my, en al kerm hulle in my ore. Ek kies Afrikaans, omdat dit my taal is, en omdat Afrikaans soos 'n kombers wat ek om my toevou terwyl 'n virus buite woed. -- Audrey, uit White Rock in Kanada.
Show notes

