Show notes
Suid-Afrika op 'n vreemde manier vreeslik geisoleer. Ek dink lande met probleme word so. Dis 'n land met rasse onmin, wat diep gewortel is in vrees. Rassisme is 'n swaar onderwerp, maar ek dink jy moet introspeksie hou voordat jy trek Kanada toe. Jy is in SA deel van jou kultuur en dalk jou Afrikaanse bende. Kanada 'n land met immigrante uit 100e lande wat anders dink, glo, praat en doen as jy. Hoe hoog is jou Kulturele IK? Hoe goed kan jy saamwerk met mense uit baie vreemde/weird lande? Jy ken SA se mense en hulle maniere. Kan jy klaarkom met mense uit lande waarvan jy niks weet nie? Wit Suid-Afrikaners sukkel soms.
Support the show
