Show notes
Kanada gee op 65 vir almal "old-age-pension" (tot $660 p/m) en dan ook Canada Pension van tot $1000 per maand. As jou werk jou afdank, of jy te siek word om te werk, skop jou EI in. Dis 'n versekering wat almal wat werk betaal per maand, sodat jy nie geldloos sal sukkel terwyl jy nie werk nie. Kanada betaal jou ook vir elke kind. Die maksimum is $533 per kind p/m vir kinders onder 6 en dan $450 per maand vir kinders tussen 6 en 17.
Jy moet jouself opvoed oor al hierdie planne. Niemand gaan aan jou deur klop en die geld aflewer nie. Ek vertel hier oor hoe al hierdie verniet geld werk. Dis verskillend in elke provinsie. Jy moet dalk vir jou 'n boekhouer kry om jou daarmee te help, sodat jy nie enige verniet geld in Kanada mis nie.

